MELANZANNE ALA PARMIGIANNA

2014-05-16-melanzanneallaparmigiannatested

MELANZANNE ALA PARMIGIANNA
Dit was heerlik!!!!! Uiteindelik is ek ook hier met my eiervrug gereg!! Melanzanne alla Parmigianna. Dit het langer geneem want ek het my tamatie sous met vars tamaties en pasatta gemaak voor die tyd. Dis ‘n eenvoudige resep.
Braai of rooster die eiervrug skywe in olyfolie tot ligbruin en hou eenkant. Maak die tamatie sous: braai uie, knoffel  en 1 teelepel gedroogde oregano liggies tot uie deurskynend.

Gooi nou 1 koppie pasatta tamatie sous by en 4-5 vars ryp tamaties waarvan die skille verwyder is (grof opgekap). Prut die sous vir ongeveer halfuur na ‘n uur (as jy te haastig of lui is gebruik geblikte tamaties maar dit moet nog steeds vir ‘n rukkie gekook word om die geur te kry).
Geur nou die sous met sout en pepper na smaak (ek sit ook 1 teelepel bruin suiker by om die suur te neutraliseer). Gebruik die sous netso of maak fyner met ‘n hand menger (stick blender).
Maak intussen ‘n medium dikte kaassous van 1 tot 1 en half koppies melk. Wanneer die witsous dik is roer 1/2 koppie fyn Parmesan kaas by. Pak die eiervrug skywe onder in ‘n oondbestande bak, gooi tamatie sous oor (jy hoef nie al die sous te gebruik nie, dit mag te veel wees) en laaste die witkaas sous. Meng 1/4 koppie elk gedroogde broodkrummels en fyn Parmesan kaas en strooi bo-oor.
Bak by 180 grade C vir ongeveer ‘n halfuur. Rooster net lank genoeg onder die rooster element om die gereg ‘n ligte kleur te gee en die krummels krakerig te maak. Bedien met ‘n groen slaai en ciabatta om al die lekker sous mee op te mop!
Foto en resep geplaas deur Elsabie Templeton‎




CHRIS SE EIERVRUG- EN HOENDERGEREG

CHRIS SE EIERVRUG- EN HOENDERGEREG
genoeg eiervrug na jou smaak
Hoenderfilette in blokkies gesny
spekvleis gekerf
sampioene  gekerf
Uie opgesny
groen, rooi en orange soetrissie in repe gesny
500 ml griekse jogurt, (plein)
500 ml vars room,
gerasperde kaas (genoeg vir kaassous) twee eetleps koekmeel en een eetlepel margarien.
Sny eiervrug in skywe, doop eiervrug in eier en meel ander absorbeer die eiervrug te veel olie, en braai in olie tot gaar. (vervolg)
Wanneer gaar, hou eenkant en braai dan al die ander bestanddele saam in ‘n diep pot tot gaar. Wanneer gaar, sit die eiervrug by en roer effens.
Maak ‘n kaassous met die room, margarien en koekmeel. Gebruik genoeg kaas.
Voeg nou die jogurt by die kaassous.
Skep die kaassousmengsel by die gebraaide mengsel in ‘n oondbak.
Bak in oond teen 180ºC vir 20 min.
Resep: Chris Agenbag




KOOLBREDIE

tested

KOOLBREDIE
Resep:  Frieda Greyling
FOOD LOVERS RECIPES
3 fyn gekapte uie
±500 g vleis, in blokkies gesny
vleisblokkie opgelos in kookwater
fyngekerfde kool
2 gekerfde preie
4 selderystingels, blokkies gesny
3 aartappels, blokkies gesny
sout en peper

Stowe fyn gekapte uie tot bruin, skep dit uit die olie. Braai die vleisblokkies bruin.
Bedek die vleis met vleisekstrak, gemaak van vleisblokkie en kookwater. Kook dit 1 uur baie stadig .
Voeg die fyngekerfde kool, gekerfde preie, selderystingels, blokkies gesny, aartappels blokkies en sout en peper by en stowe nog ‘n uur, toets en voeg nog smaakmiddels by indien verkies. Verdik die sous indien verkies.

 




HOENDER OP ‘N BED TAMATIE EN RYS

10246441_10202065062604094_2640820633225660030_ntested

HOENDER OP ‘N BED TAMATIE EN RYS
Oond: 175°C
Tyd: 1 uur
Bron: By ‘n Finse vriendin gekry wat ek bietjie aangepas het.
350 ml rou rys
1 ui, in blokkies gesny
2 eetlepels olie
100 ml rosyne
50 g hazelnuts, optioneel
1 blikkie (410g) tamaties, fyn gedruk
1 eetl dill, sommer uit die botteltjie uit
700 ml hoenderaftreksel, gebruik 1 stock cube
Vir die sous:
3 eetlepels olie
3 eetlepels tamatiesous of HP sous
3 eetlepels suiker
2 teelepels gemmer poeier
½ teelepel sout
5 eetlepels warm water
Natuurlik ook die hoender porsies

Begin met die rys:
Neem ‘n oondbak en gooi die rou rys daarin.
Braai die uie in die olie tot sag en voeg dit by die rys.
Neem nou die tamaties, dill, rosynetjies en neuete en voeg dit by die rys.
Laastens gooi die hoenderaftreksel oor die rys en meng dit saam.
Plaas in die oond terwyl jy die sous vir die hoender maak.

In dieselfde pan waarin die uie gebraai is gooi die olie vir die sous daarin.
Verhit die olie goed. Voeg nou die tamatiesous of HP sous by. PASOP DIT SPAT.
Meng die twee bestanddele goed saam. Voeg nou die gemmer, en suiker by en roer totdat dit gemeng is.
Laastens kom die warm water by.
Haal nou die rys uit die oond uit. Plaas die hoender porsies op die rys.
Onthou om die hoender te sout en peper.
Borsel die sous bo oor die hoender, maak seker alles is bedek.
Daar sal dalk van die sous oorbly wat jy so 10 min voordat die hoender uit die oond moet kom weer kan opsit.
Plaas terug in die oond vir ongeveer 1 uur.
So teen 45 min loer net om te kyk dat die hoender nie donker word bo-op nie. Daar is suiker in die sous en dit sal maklik brand.
Jy kan nou die res van die sous opsit as daar oorgebly het.
Toets die hoender na ‘n uur en haal dan uit die oond as dit gaar is. Laat staan vir so 15 min en dien dan op.
Daar sal rys oorbly, wat baie lekker is ook die volgende dag.

Foto en resep geplaas deur Wilanda Räsänen




DANIE SE BOBOTIE

 

2015-06-28-bobotietested

DANIE SE BOBOTIE
2 medium uie, fyn gesnipper
25 ml botter (ek vat sommer bietjie olie)
3 dik snye witbrood
250 ml melk
25 ml kerrie
40 ml appelkooskonfyt
12.5 ml borrie
25 ml blatjang
200 ml asyn
25 ml suiker
5 ml fyn gemmer (opsioneel)
sout en peper na smaak
1 kg maalvleis
2 eiers
250 ml melk

Braai uie ligbruin in bietjie olie/botter.
Week snye brood in die melk, druk melk uit en voeg brood by uie.
Meng die res van die bestanddele ( behalwe vleis, eiers en melk) by die uiemengsel en stowe stadig vir so 10 min.
Skep die kerriemengsel uit en hou eenkant.
Braai die maalvleis in dieselfde kastrol en voeg sout, peper en woestersous by na smaak.
Voeg die kerriemengsel by die vleis en laat kook stadig tot vleis gaar is. Roer af en toe.
Skep in bak.
Klits die eiers en melk en giet egalig bo-oor die maalvleismengsel.
Bak by 180ºC tot gestol. Dis omtrent so 30 tot 40 min.
Resep: Danie Brits
Foto: Annie Williams




GEURIGE MAYONNAISE HOENDER

GEURIGE MAYONNAISE HOENDER
1 gaar hoender, ontbeen en in stukkies gesny
1 kg gekookte broccoli
1 x 410 g blikkie sampioenroomsop
½ suurlemoen se sap
250 ml mayonnaise
250 g gerasperde Cheddarkaas / Parmasan
5 ml kerriepoeier
1 koppie vars wit broodkrummels

Meng hoenderstukkies en broccoli. (Moenie te veel meng nie).
Voeg die mayonnaise, sop, kerriepoeier en sap by en meng effens.
Strooi vars wit broodkrummels bo-oor, dan Cheddarkaas of Parmesaankaas.
Bak by 180ºC vir ongeveer 45 minute.




JORDANIESE UPSIDE DOWN RYS DIS

tested

JORDANIESE UPSIDE DOWN RYS DIS
1 groot brinjal of 2 kleintjies
2 groot tamaties
3 groot wit uie
2 knoffel bolle
500g hoender dye
2 koppies rys
1 liter hoenderekstrak
sout
swart peper
speserye van jou keuse (ek het American Jerk Spice gebruik, maar die Arabiere gebruik Baharat. Ek glo hoenderspeserye sal net so goed werk.)
Olie vir braai.

Diepbraai die hoenderstukke tot bruin

Braai dik uieringe in olie en verwyder van pan
Braai dik brinjalringe (wat klaar met sout gesweet is) in die olie tot bruin en verwyder)
Braai die tamatie skywe in die olie tot bruin en verwyder
Braai die knoffel in skyfies gesny tot ligbruin

Neem ‘n groot pot en pak lae, begin met brinjal.
Strooi tussen elke laag van die rou rys.
Eindig jou lae met rou rys.
Gooi die 1 liter hoenderekstrak oor die lae en laat prut stadig vir 1 uur.
Vul die water aan en maak seker dit brand nie vas nie!

Laat staan die gereg vir 30 minute in die pot en keer dan uit op ‘n opdienbord.
Doen dit baie baie versigtig!

Bedien met Bulgaarse Yoghurt

Resep en foto:  Corne Liebenberg

 




ZUCCHINI CASSEROLE

2014-04-26-zucchinicasseroletested

ZUCCHINI CASSEROLE
2 cups croutons
½ cup water
1 can cream of mushroom soup (or cream of chicken)
½ cup sour cream
2 medium zucchini, rough diced approx 6 to 8 cups
1 cup sliced mushrooms
¼ cup shredded carrot
2/3 cup shredded Cheddar cheese
salt and pepper to taste

Preheat oven to 350ºF. (180ºC)

Mix croutons and water to make a stuffing mixture. Reserve ½ cup crouton mixture.
Place 1½ cups of stuffing mixture in the bottom of a 9″ x 9″ baking dish. *you can increase this recipe to bake in a 9″ x 13″ dish.
Mix soup, sour cream, zucchini, mushrooms, carrot and cheese. Spread over stuffing mixture and sprinkle with remaining ½ cup of stuffing mixture.
Bake in the oven till the sauce has thickend, the veggies are soft and the cheese is melted.

If you want to make this a complete meal add some cubed chicken breast or ham to the mixture. If you want to make it low carb, leave off the croutons!
Recipe and photo: Tina Arnold.




KERRIEHOENDERPASTEI

kerriehoender pastei rinditested

KERRIEHOENDERPASTEI
VULSEL
1,5 kg hoender
3 uie gesny in blokkies sout en peper na smaak
5 ml hoendergeursel (Ina Paarman)
10 ml matige kerriepoeier
3 ml borrie
20 ml blatjang
20 ml tamatiesous
5 ml worcestersous
10 ml appelkooskonfyt
10 ml mielieblom
BOLAAG:
325 ml gaar rys
5 ml speserye vir rys
5 ml sout
25 ml botter
375 ml gerasperde Cheddar-kaas
125 gekapte rooi geel en groen rissie
250 ml heelpit mielies (opsioneel)
parika

Kook hoender uie, sout, peper en hoendergeursel tot sag, verwyder beentjies en velle. Snipper die vleis. Hou 375 ml van die hoenderaftreksel. Voeg vleis en uie saam met die res vd vulsel bestanddele by die aftreksel en meng. Laat prut vir 5 minute. Skep in groot gesmeerde oondskottel. BO-LAAG: Meng die bestanddele vir die bolaag en versprei oor die vleis. Strooi n bietjie parika oor met botterklontjies. Bak gereg vir 20 minute teen 190 C . Rooster n paar minute op hoog, strooi en ekstra lagie kaas bo-oor sodat bolaag kan verbruin. Sit voor met n mengelslaai of piesagslaai met blatjang. (kan gevries word, gebruik net bietjie mindermgeurmiddels) Regtig n wenner, almal vra die resep. Lekker eet.

Foto en resep deur  Rindi Scheepers-Becker




KOUE WORS WENNER

 

oorskiet wors geregtested
KOUE WORS WENNER

Na ons heerlike braai van Saterdag het ek nog lekker gebraaide wors oorgehad en toe hierdie lekker dis gemaak

Braai genoeg uie, vars knoffel, songedroogte tamaties in olyf olie tot lekker bruin. Gooi die gaar wors wat in ringetjies gesny is by en roer deur. Gooi bietjie water by en kook net lekker deur, maar die sousie moet nie te veel wees nie. Meng nou bisto met genoeg sweet chilli sous en bbq sous en gooi dit oor jou wors mengsel. Laat lekker stadig deurkook tot dik. Bedien op fyn aartappels, saam met soet ertjies. Heerlik…..

Foto en resep deur Rina Kleinhans