

CHRIS SE EIERVRUG- EN HOENDERGEREG
genoeg eiervrug na jou smaak
Hoenderfilette in blokkies gesny
spekvleis gekerf
sampioene gekerf
Uie opgesny
groen, rooi en orange soetrissie in repe gesny
500 ml griekse jogurt, (plein)
500 ml vars room,
gerasperde kaas (genoeg vir kaassous) twee eetleps koekmeel en een eetlepel margarien.
Sny eiervrug in skywe, doop eiervrug in eier en meel ander absorbeer die eiervrug te veel olie, en braai in olie tot gaar. (vervolg)
Wanneer gaar, hou eenkant en braai dan al die ander bestanddele saam in ‘n diep pot tot gaar. Wanneer gaar, sit die eiervrug by en roer effens.
Maak ‘n kaassous met die room, margarien en koekmeel. Gebruik genoeg kaas.
Voeg nou die jogurt by die kaassous.
Skep die kaassousmengsel by die gebraaide mengsel in ‘n oondbak.
Bak in oond teen 180ºC vir 20 min.
Resep: Chris Agenbag






