

VETKOEK VIR 2 MENSE
Lewer 6 – 7 vetkoeke
2 koppies koekmeel
1 teelepel sout
1 pakkie kitsgis
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel asyn
50 ml kookolie
200 ml louwater
Knie goed en laat rys tot dubbel. As jy ‘n broodmasjien of Kenwood het gebruik dit om die deeg te knie. Anders sal jy maar moet GOED knie.
Strooi die oppervlakte met Maizena (mielieblom) en rol dan die deeg uit en druk uit met ‘n glas.
Bak dan in die warm olie. Olie moet nie te warm wees nie, anders is die vetkoek aan die buitekant gaar en nog rou binne. Continue reading











