DEON SE SOET-SOUT HOENDERSTUKKIES (1 PORSIE)
1,5 koppie sagte hoenderstukkies
2 soet ingelegte groenvye, in stukkies gesny
halwe suurlemoen se sap
plat teelepel versiersuiker
50 ml kikoman soya
1 teelepel gegeurde sout of net sout
Braai hoenderstukkies in pan met bietjie olie en sout en suurlemoensap en net voor gaar gooi ander bestanddele by en roer deur. Gooi versiersuiker laaste oor en roer vinnig deur.
Bedien op basmati rys.
Bron en Foto:Deon Huysamen