

“DINNER FOR ONE” / ETES VIR EEN
Zuri Roos – Sedert my man se dood is ek in daardie posisie. Ek hou van lekker eet, maar kook vir een??
My beste wenk is:
As jy ‘n oond het, stel dit op 180°C, was en sny ‘n klompie groente op, (alles werk – broccoli, aartappels, brusselse spruite, soetrissies, ens.).
Voer ‘n groot bak uit met bakpapier. Meng die groente in ‘n bak met olyfolie en ‘n geursout, en rangskik in die bak.
Geur ‘n paar stukke hoender met iets anders, soos peri-peri-sous en rangskik saam in die bak. Gooi water of hoenderaftreksel by.
Bak die hele boksemdaais in een oondskottel vir sowat 45 minute.
Kap ‘n lekker ryp tamatie op met basielkruid en uie vir slaai.
Siedaar, ‘n gesonde maaltyd met min skottelgoed en geen geroer in potjies op die stoof nie.
Ansonia Moolman – Springmielies is altyd maklik.
Groente in ‘n klein bak met kruie en kaas op, verskeie slaaie, as ju kos koop herverpak jou proteiene en dan haal jy net ‘n vissie of hoender uit voor werk om te ontdooi. Aartappel in die mikrogolfoond, rooi kool in olyfolie binne in ‘n omelet. Maak maar vir 2 in die aande, dan vat jy ‘n kos bakkie saam werk toe.
Yvette Cilliers – Ek maak selde kos, is maar lui om vir my te maak, maar as ek wel die slag kos maak is spagetti bolognaise net die ding en môre warm ek dit net weer op.
Evonne Bartels – Funky fish pie. Kry hake of ander gevriesde vis (nie krummel nie, koop die plein stukke). Sit dit in ‘n bak en maak ‘n aartappel bak (gesnyde aartappel, uie, room, sout, peper, ens) op dit. Bak soos ‘n aartappel bak. Heerlik! (Verskoon asseblief my Afrikaans! Hoop dit maak sin) hierdie resep vries ook goed.
Thea Vd Merwe Schutte – Kry vir jou ‘n slow cooker, so lekker om kos in een pot te maak en dan het jy gesonde kos!






