

ELIZE SE SJOKOLADEKOEK
2 koppies koekmeel
125 g Stork bake
3 eiers
1 teelepel koeksoda
1 teelepel kremetart
1 teelepel sout
½ koppie suiker
1 koppie strooisuiker
2 teelepels karamel geursel
½ koppie karringmelk( ek gebruik volroom maas)
¼ koppie kakao aangemaak met ½ koppie kookwater laat afkoel!
Klits suiker en margerine tot room gooi eiers een vir een in en klits goed! Voeg die afgekoelde kakao by eier mengsel klits tot gemeng! Sif droë bestanddele saam( meel, koeksoda, kremertart, sout)
Meng nou in mengsel in om die beurt met karringmelk en die karamel geursel roer, meng goed.
Smeer die panne en deel die mengsel in twee laagpanne ( ek weeg my panne met mengsel sodat my lae ewegroot is.
Bak op 175 ºCvir 30 minute.
Versiersel
2 koppies versiersuiker
250 g Stork bake
1 koppie kakao
1 eetlepel koffiepoeier – maak koffiepoeier aan met bietjie kookwater
Opsioneel:
Aero peperment sjokolade
Klits kakao versiersuiker en stork saam, voeg die bietjie koffiemengsel by en klits tot room. Smeer afgekoelde koek. Strooi gerasperde aero peperment sjokolade oor indien verkies
Resep en foto: Elize Venter…van my aan julle, my moeder se uithaler koek






