

KAAS EN ROOM BROODROLLE
1 kg klaargekoopte (of selfgemaakte) brooddeeg
10 blokkies cheddarkaas
½ koppie Fyn gerasperde kaas
500 ml vars room
pietersielie vir oorstrooi
1 eier geklits
2 eetlepels bruinsuiker Continue reading
Category Archives: Brood Rolletjies/Buns
BROODROLLETJIES MET SPINASIE EN KNOFFEL


BROODROLLETJIES MET SPINASIE EN KNOFFEL
FRANS SE WENNER BROOD/ ROLLETJIES: My bydrae tot die broodjie week. Ek het Frans se basiese resep gebruik, gaar spinasie gekook met ‘n knoffel huisie wat ek gerasper het, die deeg met ‘n kruis deur gesny en gevul met gaar spinasie en knoffel en botter. Sout en peper.
HOT CROSS BUNS


HOT CROSS BUNS
Dough:
1 x 10 g sachet instant yeast
250 ml lukewarm milk
50 g (50 ml) butter or margarine
80 g (100 ml) brown or white sugar
5 ml salt
5 ml ground cinnamon
5 ml mixed spice
2.5 ml ground ginger
2.5 ml grated nutmeg
1 ml ground cloves
5 ml cocoa
2 eggs
75 g (125 ml) seedless raisins
30 g (50 ml) sultanas or mixed cake fruit
280 g (500 ml) cake flour
± 280 g (500 ml) extra cake flour Continue reading
KANEEL EN APPEL BROODWIELE


KANEEL EN APPEL BROODWIELE
400g basiese brooddeeg
3 appels – gerasper
Kaneelsuiker na smaak
Rol koue brooddeeg 5mm dik uit
Smeer die gerasperde appel oor die deeg en strooi mildelik kaneelsuiker oor.
Rol die deeg versigtig op.
Sny in wiele, pak die plat wiele op ‘n gesmeerde bakplaat, strooi nog kaneelsuiker oor en bak vir 30 min teen 180 grade Celcius
Bron: Corne Liebenberg
FRANS SE WENNER BROOD/ ROLLETJIES
FRANS SE WENNER BROOD/ROLLETJIES
Sif saam:
1 teelepel sout
6 koppies koekmeel
Meng saam en laat staan tot dit skuim:
450 ml louwarm water
10 gram kitsgis
twee eetlepels suiker
50 ml olie
Meng die vloeistof en meel mengsels en knie tot elasties.
Laat rys en knie weer, plaas in ‘n groot broodpan, laat rys tot dubbel die grootte en bak by 160°C vir 50 min.
(Jy kan ook twee koppies meel vervang met Nutty Wheat, en jy kan twaalf broodrolletjies maak ipv ‘n brood, maar dan is die baktyd net 25 min.)
Resep en foto: Frans Odendaal
KONTINENTALE ROGBROOD -ROLLETJIES


KONTINENTALE ROGBROOD-ROLLETJIES
Jou gewone broodresep
2 x 500 ml koekmeel
1 x 500 ml rogmeel
1 teelepel sout
50 ml olie
500 ml louwarm water
1 pakkie kitsgis
Ek maak 8 broodjies en bak vir 30 min teen 160°C. Of gebruik jou eie resep en 1/3 rogmeel en 1/3 koekmeel. Koekmeel gee ‘n fyner tekstuur.
Dis maar net die 100% rog wat mos glad nie rys nie, ek eksperimenteer maar, maar hou meeste van 60% rog/40% koekmeel.
BRON- Frans Odendaal
WIMPIE SE BBB BROODJIES
MA SAAR SE PAASBOLLETJIES


MA SAAR SE PAASBOLLETJIES
Hierdie is ‘n familie resep en eintlik ‘n erfstuk, maar ek gaan dit deel. My oorlede ma se ma, (ook al oorlede) ouma Annandale het dit gebak (nog in koppies afgemeet, maar ek en my ma het dit verander na ml’s toe). Ek kon nog nêrens ‘n paasbolletjie eet soos hierdie nie. My Ouma het hierdie resep gebruik en my ma het dit aangepas en dit vervolmaak. Ek deel dit met julle, want ek weet hier sal iemand op hierdie blad wees, wat dit gaan waardeer nes ek, wanneer jy dit bak, neem asb ‘n foto en plaas dit (ai die sentiment!).
850 ml koekmeel
5 ml sout
5 ml gemengde speserye
knippie kaneel en neutmuskaat Continue reading
NICOLETTE SE “OOPSIES”


NICOLETTE SE “OOPSIES”
Nog ‘n nuwe resep probeer – “Oopsies”. Dis ‘n brood ‘replacement’ vir mense wat nie meel kan eet nie of nie wil koolhidrate inneem nie. Ek was baie verbaas oor hoe lekker dit was! Kan dit ook as ‘n basis vir ‘n soetdingetjie gebruik deur net ‘n bietjie suiker by die mengsel te gooi. Ek sal nie sê dit smaak soos brood nie, maar as jy nie kan meel eet nie is dit ‘n baie goeie ‘replacement’. (Daar is ‘n paar resepte op die net en ek kan nie onthou waar ek hierdie een gekry het nie)
Oopsies
6-8 depending on size.
3 eggs
100 g (3.5 ounces) of cream cheese
a pinch of salt
½ teaspoon baking powder (can be excluded) Continue reading
MELKBROOD OF ROLLETJIES
Los droë gis op in lou water waarby suiker gevoeg is. Laat staan totdat mengsel goed skuim.
Brooddeeg:
2500 ml koekmeel (10 koppies)
125 ml melkpoeier
12,5 ml sout
125 g margarine
75 ml suiker
750 ml lou water Continue reading




