BROODROLLETJIES MET SPINASIE EN KNOFFEL
FRANS SE WENNER BROOD/ ROLLETJIES: My bydrae tot die broodjie week. Ek het Frans se basiese resep gebruik, gaar spinasie gekook met ‘n knoffel huisie wat ek gerasper het, die deeg met ‘n kruis deur gesny en gevul met gaar spinasie en knoffel en botter. Sout en peper.
Sif saam:
1 teelepel sout
6 koppies koekmeel
Meng en laat staan tot dit skuim:
450 ml louwarm water
10 g kitsgis
2 eetlepels suiker
50 ml olie
Meng die vloeistof en meel, knie tot elasties. Laat rys en knie weer. Plaas in ‘n groot broodpan en laat rys tot dubbel die grootte en bak by 160°C vir 50 min.
Nota: Jy kan ook twee koppies meel vervang met Nutty Wheat
Of jy kan 12 broodrolletjies maak ipv ‘n brood, maar dan is die baktyd net 25 min.)
Foto: Marie Rheeder Troskie
geskuif