KANEEL EN APPEL BROODWIELE
400g basiese brooddeeg
3 appels – gerasper
Kaneelsuiker na smaak
Rol koue brooddeeg 5mm dik uit
Smeer die gerasperde appel oor die deeg en strooi mildelik kaneelsuiker oor.
Rol die deeg versigtig op.
Sny in wiele, pak die plat wiele op ‘n gesmeerde bakplaat, strooi nog kaneelsuiker oor en bak vir 30 min teen 180 grade Celcius
Bron: Corne Liebenberg