MURGPOEDING
1 koppie brood krummels
1 koppie melk
250 g murg
125 g rosyntjies of korente of 80 g van elk
suiker en gemaalde neutmuskaat na smaak
Kook die melk, giet die warm melk oor die broodkrummels en laat dit staan vir ½ uur.
Sny die murg in stukkies, klits die eiers en voeg by die krummels.
Voeg die res van die bestanddele by die broodkrummels.
Plaas dit dan in ‘n gebotterde vorm en kook vir 2½ ure of plaas dit in in ‘n tertbak wat uitgevoer is met puff pastry en bak vir 3 – 4 ure.
Voor die tert op die tafel geplaas word, strooi so bietjie strooisuiker en neutmuskaat oor.
MURG POEDING
Bestanddele 1:
1 eier
125 ml suiker
250 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
1 knippie sout
25 ml fyn appelkooskonfyt
30 ml asyn
250 ml melk
Bestanddele 2:
250 ml suiker
125 ml kookwater
250 ml idealmelk (of vars melk)
60 ml margarien
5 ml vanilla
Voorverhit oond 180°C.
Bestanddele 1:
Klits eiers en suiker goed saam tot donsig.
Voeg meel, bakpoeier, koeksoda, sout, konfyt en asyn by en meng goed.
Roer melk by klits tot gladde deeg.
Gooi uit in gesmeerde oond bak, bak vir 45 min.
Bestanddele 2:
Verhit die bestanddele van 2 saam en giet oor poeding direk na dit uit die oond uit kom.
Sit voor met room of vla of roomys.
Resepte geplaas deur Linda Venter








