KAAS EN ROOM BROODROLLE
1 kg klaargekoopte (of selfgemaakte) brooddeeg
10 blokkies cheddarkaas
½ koppie Fyn gerasperde kaas
500 ml vars room
pietersielie vir oorstrooi
1 eier geklits
2 eetlepels bruinsuiker
Rol die klaargekoopte deeg in 10 bolletjies deeg af. Maak ‘n gaatjie in
Elke bolletjie, en sit ‘n blokkie kaas daarin. Rol weer in ‘n bolletjie. Giet 200 ml room onder in ‘n bak/pan en pak die bolletjies styf teen mekaar daarin. Giet die oorblywende room oor, smeer eier oor, strooi suiker en dan kaas oor en laaste pietersielie vir garnering.
Bak vir 30 min by 180 ºC tot gaar…as dit hol klink wanneer jy aan die korsie klop is dit gaar.
Steek die pan weg…want die kaas loop uit en dit meng met die room en dan vorm dit ‘n HEERLIKE bros korsie!
Foto en resep: Wilma Josey Venter