FRANS SE WENNER BROOD/ROLLETJIES
Sif saam:
1 teelepel sout
6 koppies koekmeel
Meng saam en laat staan tot dit skuim:
450 ml louwarm water
10 gram kitsgis
twee eetlepels suiker
50 ml olie
Meng die vloeistof en meel mengsels en knie tot elasties.
Laat rys en knie weer, plaas in ‘n groot broodpan, laat rys tot dubbel die grootte en bak by 160°C vir 50 min.
(Jy kan ook twee koppies meel vervang met Nutty Wheat, en jy kan twaalf broodrolletjies maak ipv ‘n brood, maar dan is die baktyd net 25 min.)
Resep en foto: Frans Odendaal









geskuif