Los droë gis op in lou water waarby suiker gevoeg is. Laat staan totdat mengsel goed skuim.
Brooddeeg:
2500 ml koekmeel (10 koppies)
125 ml melkpoeier
12,5 ml sout
125 g margarine
75 ml suiker
750 ml lou water
Meng meel, melkpoeier en sout. Vryf die margarine daarin. Los die suiker op in die louwater en voeg saam met suurdeeg by die meel.
Knie goed, maak toe en laat staan vir 2 ure, moet goed rys.
Knie af en laat weer ‘n uur rys.
Vorm brode/ broodrollietjies , vlegsels, fransebrode. Sit op bakplaat en maak toe, om te rys. Dit moet dubbel die volume rys.
Smeer geklitse eier op en by 200 ºC bak vir 20 – 30 min.
Nota: Ek gebruik rog meel, sif dit niks minder as 7 x. voeg sade by van u keuse.
Ek koop nature choice se pampoensade of hoe ek ook al voel.
Resep geplaas deur Nella Kootstra








