Food Lovers Recipes
info@foodloversrecipes.com
  • Recipes
  • Recipe books
  • Comments
  • User manual
  • Recipe
  • Login
  • Account

Category Archives: Braai / BBQ / Spit

image_print

T se gekoolde engelvis

Posted on March 30, 2014 by Rina Kleinhans Posted in Braai / BBQ / Spit, Vis / Fish Leave a comment

 

gekoolde engelvistested

 Voor die vis nou reg is om af te haal… Hier is T se gekoolde engel.

Benodig:
1 x engel gevlekte vis (food lovers het hom sommer vir my mooi skoon gemaak en meeste grate uit gehaal)
1 t knoffel (vars)
6 sampejoene of soveel as wat jy in die vis kan kry
Vars dill, thyme en roosmaryn
Suurlemoen sap.
Soya sous (ek het die russie een gebruik vandag) Continue reading→

GIDEON SE GEMARINEERDE VARKRIB

Posted on March 17, 2014 by Sonja Posted in Braai / BBQ / Spit, Vark / Pork 1 Comment

gemarineerde varkrib

GIDEON SE GEMARINEERDE VARKRIB
Gemarineerde varkrib oor die kole (bron onbekend) meng die volgende:
125 ml tamatiesous
125ml blatjang
125 ml mayonnaise
50 ml sojasous
50 ml appelkooskonfyt
30 ml heuning
10 ml droë mosterd
2 knoffelhuisies
1 fyngekapte ui Continue reading→

BEESBLAD en GEELPAP

Posted on February 28, 2014 by Sonja Posted in Braai / BBQ / Spit Leave a comment
1780729_10202998734119652_896660019_n
Stefaans Blaauw
BEESBLAD en GEELPAP resep. of VET WILDSBLAD..Saag TJOPS van n vet beesblad,
Smeer dit met swart asyn in, en laat le in die yskas vir n uur of twee.
Gooi dan SWA braai speserye oor..(DELI SIN)
en laat nog so uur le, en druk dit dan in die oond, op n rakkie.
Grill dit hoog in die oond tot die eenkant krispie is, en draai dan om en grill die anderkant ook. Continue reading→

GIDEON SE GEROOKTE HOENDER

Posted on February 15, 2014 by Rina Kleinhans Posted in Braai / BBQ / Spit, Hoender/Chicken Leave a comment

gideon se gerookte hoendertested
GIDEON SE GEROOKTE HOENDER
Hierrie kiepie het ek gisteraand in my primitiewe tuisgemaakte roker gerook dit was baaaaaie lekker
vryf die volgende mengsel oor die hoender en onder die vel so 1-3 dae voor gaarmaak:

1/2 koppie bruinsuiker
1/4 koppie paprika
1,5 eetl sout
1 eetl swartpeper
1 eetl fyn knoffel
1 eetl chilli flakes
1 eetl cayenne powder

rook hoender vir 1 uur

Resep en foto: Gideon Louw

Tuisgemaakte rooker
Franco Dippenaar
Neem ‘n ou skoongemaakte staal 25 lt verf drom. Sit n stainless steel rakkie wat pas daarin. gooi die saagsels onder in die drom. Maak hom toe met sy deksel en plaas oor warm kole of vuur vir verlangde tyd.

RITA SE GEBRAAIDE SNOEK

Posted on February 6, 2014 by Rina Kleinhans Posted in Braai / BBQ / Spit, Vis / Fish Leave a comment

RITA SE GEBRAAIDE SNOEK
Ek ken ook ‘n lekker snoek braai resep.
Rasper 4 uie grof, alles afhangende hoe groot jou snoek is
Meng die gerasperde uie met chutney,  een teelepel worcestersous en een teelepel kookolie.
Smeer oor snoek wat bo op foelie geplaas word om op die rooster te braai.
Gooi sout na smaak.
Sodra snoek gaar is gooi gerasperde cheddar kaas bo oor en wag tot gesmelt is.
Eet dan lekker onthou net om die grate uit te haal. hahaha

Resep:  Rita van der Westhuizen
Foto:  Frances Smith – Het growwe peper bygesit vir ons smaak.

BEESFILLET GESTOP MET FETA EN PEPPADEW

Posted on February 3, 2014 by NaomiBeetge Posted in Bees/Beef, Braai / BBQ / Spit Leave a comment

2014-02-02-1016569_637849502943141_1196420946_ntested

BEESFILLET GESTOP MET FETA EN PEPPADEW
Neem een lekker beesfillet en sny hom oop en vlek so groot as wat moontlik is sonder om gate in te sny of steek.
Besprinkel die binnekant met Six Gun speserye.
Krummel 3 skywe feta kaas en knip Peppa Dew met sker. Meng alles saam en pak in fillet.
Vou die fillet netjies toe en trek rek tou bo oor.
Braai dit liggies bruin in plat swartpot en spesery die hele fillet aan buitekant met dieselfde speserye.
Braai ek dit oor kole tot gaar
Bron: Dulcken Dwyer

BRAAIBROODJIE IDEES

Posted on January 31, 2014 by Sonja Posted in Braai / BBQ / Spit, Bykosse / Side Dishes Leave a comment

 tested

BRAAIBROODJIE IDEES
Gerasperde cheddar gemeng met goeie kwaliteit mayonnaise, fyn gekapte agurkies(sweet and sour).
Uie, tamatie, sout en vars swart peper. Smeer brood met botter.
Smeer nou die kaas en mayonnaise so 3mm dik op die brood en sit res van die bestanddele na smaak op jou brood.
Sprinkel koue water liggies op die brood kant wat eerste braai tot effens klam en braai oor stadige kole.
Herhaal met die ander kant. Die water laat die brood stoom voor dit rooster en sorg so dat die kaas egalig smelt Continue reading→

WILDSVLEIS SOSATIES

Posted on January 28, 2014 by Sonja Posted in Braai / BBQ / Spit, Wild / Venison Leave a comment


WILDSVLEIS SOSATIES

Ok die vleis is blesbok boud wat ek in blokkies gesny het na al die senings en vliese en goeters verwyder is.

Toe het ek bietjie amasi oorgegooi en deurgemeng en dit in bak met deksel oornag in yskas gelos.

Vanoggend het ek stukke varkvet/spek opgesny en perskes en uie en dit geryg op stokkie en dan kerriesous gemaak en gekook en dan onder in die bak gegooi en bo oor die sosaties.

Die sous moet mense maar doen wat hulle wil want ek gooi net in en wat ek kan onthou is 1 bottel bruin asyn,dan maak jy die bottel vol water na jy die asyn uitgegooi het en gooi dit ook in pot en dan omtrent 1 koppie suiker en dan 3 teelepels borrie en 3 teelepels kerrie,maizena en perske blatjang en dan roer jy nou maar die spulletjie tot dit dikker en gaar is en toe het ek sout en peper na smaak ingegooi tot dit reg smaak vir my en die sous eers laat afkoel voor ek dit gebruik het.

En die sosaties bly nou vir ten minste so 3 dae in die yskas in die sous en jy draai dit elke dag om en skep die sous weer oor en dan terug in yskas.Dan braai jy dit aan die einde van daai tyd of jy kan dit saam met die sous vries en gebruik soos nodig.

Resep: Naudéa Visser

SOUT RIBBETJIE

Posted on January 26, 2014 by Elize Grobbelaar Posted in Braai / BBQ / Spit, Skaap / Mutton-Lam / Lamb Leave a comment

 

2014-01-26-1017129_10202668352652151_1190960971_ntested

Die Lekerste om ‘n ribbetjie te braai.

2 skaap ribbetjies
Vryf in met 2 eetlepels bruinsuiker en 2 hande growwe sout. Laat dit nou 2 dae lank in yskas.
Bedek met water in ‘n kastrol en kook stadig tot sag ongeveer 2 ure
Haal uit water laat afdroog en braai oor warm kole.
Elize Grobbelaar

GIDEON SE KLIP-RIBBETJIE

Posted on January 19, 2014 by Rina Kleinhans Posted in Braai / BBQ / Spit Leave a comment
 gideon se klip ribbetjietested
GIDEON SE KLIP-RIBBETJIE
Hierdie is spesiale klippe wat net op een plek in die karoo voorkom ons het dit daar by ‘n vriend gekry op wie se plaas die klippe voorkom jy kan nie enige klip gebruik nie
Die klippe word dan warm gemaak met vuur, dan sit jy die rib plat op die een klip neer en sit dan n ander klip bo op die rib – is dan tussen die twee warm klippe
Na plus minus 20 minute haal jy die boonste klip weer af en daar le jou lekker sappige rib
Ons het net sout en peper met n bietjie Worcestershire opgesit !!
BRON: Gideon Louw
        

Soek / Search

Your Recipe blog

View our new blog at Your Recipe Blog

Food Lovers Recipe
        

Soek / Search

  • Prev
  • 1
  • …
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • …
  • 23
  • Next
  • Privacy Policy
© Foodlovers Recipes

You cannot copy content of this page

DISCLAIMER: BY SUBMITTING CONTENT TO THIS WEB SITE, YOU ACKNOWLEDGE AND AGREE THAT THE TERMS AND CONDITIONS STATED IN THIS POLICY APPLY TO YOUR INTERACTIONS WITH ANY WEB SITE COMMUNITY AND THAT GOOD AND VALUABLE CONSIDERATION HAS BEEN PROVIDED TO YOU. IF YOU DO NOT AGREE WITH THESE TERMS AND CONDITIONS, DO NOT SUBMIT CONTENT TO THIS WEB SITE OR OTHERWISE ACCESS ANY COMMUNITY FEATURES ON THIS WEB SITE.