Voor die vis nou reg is om af te haal… Hier is T se gekoolde engel.
Benodig:
1 x engel gevlekte vis (food lovers het hom sommer vir my mooi skoon gemaak en meeste grate uit gehaal)
1 t knoffel (vars)
6 sampejoene of soveel as wat jy in die vis kan kry
Vars dill, thyme en roosmaryn
Suurlemoen sap.
Soya sous (ek het die russie een gebruik vandag)
Metode
Smeer die knoffel binne in die vis.
Plaas die dill en gesnyde sampejoene in die vis.
Speinkel soya sous en suurlemoen oor.
Maak vis toe.
Plaas res van kruie op die vis.
Maak vis toe in foelie en braai vir 30-40 min. Draai elke 10 min.
Bedien met rys of groente.
Tobias Jansen van Noordwyk