RITA SE GEBRAAIDE SNOEK
Ek ken ook ‘n lekker snoek braai resep.
Rasper 4 uie grof, alles afhangende hoe groot jou snoek is
Meng die gerasperde uie met chutney, een teelepel worcestersous en een teelepel kookolie.
Smeer oor snoek wat bo op foelie geplaas word om op die rooster te braai.
Gooi sout na smaak.
Sodra snoek gaar is gooi gerasperde cheddar kaas bo oor en wag tot gesmelt is.
Eet dan lekker onthou net om die grate uit te haal. hahaha
Resep: Rita van der Westhuizen
Foto: Frances Smith – Het growwe peper bygesit vir ons smaak.






