DIE LEKKERSTE BROODPOEDING OOIT
10 sny brood (korsies af en sny in blokkies )
pak in bakskottel en strooi 1/2 koppie suiker oor.
Smelt 3 eetlepels botter in 4 koppies melk, klits 4 eiers by lou melkmengsel.
Gooi oor blokkies
Bak 40 min by 180 ºC
Meng die volgende:
1 koppie botter
2 koppies suiker
1 teelepel vanilla
2 eiers
Haal broodpoeding na 40 min uit en smeer die mengsel oor die poeding
Plaas terug in oond en bak vir nog 20 min
Bedien met warm vla!!!!!
Resep en foto: Kotie Wessels








