GEMSBOK SIRLOIN
Vat so 2 stukke SIRLOIN of FILLET van 800 gr – 1 kg elk
Smeer dit lekker met olyfolie in, sout, swart peper, Suurlemoensap, Braai speserye, en laat le vir so uur lank voor jy braai.
Maak nou Vuur in “Sipho’ (weber) en wanneer die kole lekker warm is gaan die steaks kole tot op ‘n spit rooster, wat draai.
10 Minute, nie langer nie. Gooi dan fyn houtjies op die kole wat bietjie rook maak, en maak vir Sipho toe, sodat die vleis nog 4 minute in die rook braai.
Dan is dit van die ROOSTER NA DIE BORD in EEN AKSIE en EET..
Resep en foto: Stefaans Blaauw








