

GIDEON SE FRIKKADELBRAAI
Fikkadelle:
500 g maalvleis
1 ui, fyn gekap
½ pakkie bruin uiesoppoeier
¼ koppie soetrissiesous
½ teelepel sout
1 teelepel gemaalde swartpeper
1 koppie broodkrummels
3 eetlepel balsamiese asyn
2 eiers
Continue reading
Category Archives: Braai / BBQ / Spit
GIDEON SE FRIKKIES OP DIE KOLE



GIDEON SE FRIKKIES OP DIE KOLE
Ek wil darem net vir julle wys en se dat die frikkedelletjies wat ek laas naweek gemaak het was baaaaaaaaie lekker ek het twee medium uie middel deur gesny en saam met n bietjie rooiwyn gesmoor en toe n pakkie sampioene bo op gepak en gekook vir so tien minute. Bo op dit het ek kleinerige frikkedelletjies gepak wat ek self gemaak het met my eie gemaakte mince en toe dit amper gaar is het ek hulle met jimmies sous geverf met bitter min kole onder my potjie en heelwat kole bo op die deksel en was heeeerlik ! Probeer dit gerus !
FOTO EN RESEP: Gideon Louw
SKAAPSTERTJIES MET WITWYN


SKAAPSTERTJIES MET WITWYN
Hierdie groot bederf is vinger-aflek-lekker.
30 skaapstertjies
3 heel naeltjies
sout, peper en koljander na smaak
250 ml tamatiesous
100 ml chutney
100 ml worcestersous
250 ml witwyn Continue reading
PIZZA SANDWICH OP DIE KOLE


PIZZA SANDWICH OP DIE KOLE
Enige 2 pizza base’s van jou keuse, stop dit met ektra kaas, vulsel van jou keuse, en braai op medium tot lae kole temperatuur tot vulsel smelt en pizza base verbruin.
Ek het ‘n club pizza base en hawain base gebruik, en hope kaas ( cheddar, feta), hoender, peppadew ingesit. Toegemaak soos toebroodjie en gebraai.
Resep en Foto Lelane van der Walt
BIERBLIK VLEIS BAKKE



BIERBLIK VLEIS BAKKE
800g maalvleis
koljander blare, gekap
basilie kruid, gekap
pietersielie, gekap
varkpens bacon
uie, gekap
sout en peper
Vulsel:
blokkies groente
olyf olie
chedder kaas Continue reading
GIDEON SE DRY RUB RIB


GIDEON SE DRY RUB RIB
Een eetlepel van elk van die volgende:
komyn
paprika
knoffel vlokkies
granulated onion
chillie powder
bruinsuiker
kosher salt
1 teelepel cayene peper
1 teelepel swart peper
1 teelepel wit peper Continue reading
EDUAN SE GEBRAAIDE SNOEK


EDUAN SE GEBRAAIDE SNOEK
Sous: smelt botter, ek skat so 1 koppie, gooi so 5 eetlepels fyn appelkoos konfyt by wat saam smelt/verhit, sap van 3 suurlemoene, so 2 teelepels knoffel en n bietjie pietersielie. Smelt of verhit dit alles saam.
Ek gooi bietjie growwe sout en peper op die vleis kant van die gevlekte snoek, sit hom op die kole en begin braai. Van die eerste draai af smeer ek hom gereeld en hou so aan tot hy gaar is.
Sit voor saam n self gebakte ciabatta brood, n lekker ouma jampie en kaas.
Dan eet n mens lekker!
FOTO EN RESEP: Eduan Joubert
GIDEON SE SNOEKSOSATIES OOR DIE KOLE


GIDEON SE SNOEKSOSATIES OOR DIE KOLE
Ontbeen snoek filette en rol in meel wat met sout en peper gemeng is en daarna in geklitste eier en nog ‘n slag in die meel. Ryg nou op ‘n sosatie stokkie ‘n rooi ui blaar, ‘n porsie snoek, gevolg deur nog ‘n ui blaar. Volg op met ‘n patatwiel wat vooraf tot amper gaar gekook is, gevolg deur ‘n kersie. Herhaal die proses tot die stokkie vol is. Braai oor stadige kole en smeer dit met bietjie appelkooskonfyt wat met suurlemoensap en bietjie botter gemeng is, terwyl dit braai.
Bron en foto: Gideon Louw.
GIDEON SE BRAAI AARTAPPELS-CHIPS OP DIE KOLE



GIDEON SE BRAAI AARTAPPELS-CHIPS OP DIE KOLE
Gistraand het ek n galjoentjie gebraai oppie kole natuurlik ! En saam met dit het ek aartappel tjips oppie kole gebtaai vier medium groot aartappels gekook tot amper gaar in n kastrol laat dan afkoel en sny in wiele plus minus 8– 10 mm dik, smeer die wiele met olyf olie, sprinkel n bietjie sout na smaak as ook n bietjie chillie flakes of waarvan julle hou. braai dan oor skerpkole tot bruinerig en geniet en wassit nie lekker saam met die vissie nie ek gaan dit beslis meer male doen !!
Het dit ook saam met die varkie gedoen…. lekker verby
FOTO EN RESEP: Gideon Louw
KOOS SE OOND BRAAI PIE



KOOS SE OOND BRAAI PIE
My vrou het nou die iewers gesien en toe probeer ons dit.
Sommer klaar gemaakte winkel deeg gekoop
1 kg uit gerol en onder in die oond pan gesit.
Toe pak sy uie, Tamatie, Ham en kaas
Weer 1 kg deeg uitgerol en bo-op gepak.
Gerasperde kaas oor gegooi.
Bak in die oond vir 20 minute op 180 grade
BRON EN FOTOS: Koos van der Merwe

