GIDEON SE FRIKKADELBRAAI

12729074_991880964183061_1897524352012855728_ntested
GIDEON SE FRIKKADELBRAAI
Fikkadelle:
500 g maalvleis
1 ui, fyn gekap
½ pakkie bruin uiesoppoeier
¼ koppie soetrissiesous
½ teelepel sout
1 teelepel gemaalde swartpeper
1 koppie broodkrummels
3 eetlepel balsamiese asyn
2 eiers
Vulsels:
‘n paar heel amandels
‘n paar ontpitte dadels
‘n paar onpitte vars pruimedante (kleintjies)
‘n paar vars persvye
‘n stukkie bloukaas
‘n paar papierkoppies (10)
Meng die bestanddele vir die frikkadelle saam in ‘n mengbak en maak balle wat in die papierkoppies kan pas.
Plaas ‘n frikkadel in elke papierkoppie en druk met jou vinger ‘n holte in die middel.
Plaas ‘n amandelpit in ‘n dadel en druk die dadel in die holte in die frikkadel (ek het 3 van dit gemaak).
Doen nou ook so met nog 3 frikkadelle, maar plaas in die holte van die frikkadel ‘n klein swartvy wat middeldeur gesny is met die skilkant na onder en druk ‘n stukkie bloukaas bo-op die vy.
Doen nou weer so met die volgende 3, maar plaas in die holte van die frikkadel die oopgesnyde pruimedant met ook ‘n stukkie bloukaas in die middel.
Plaas die papierkoppies met die gevulde frikkadelle op ‘n plaat.
Ek het die frikkadelle in my varkieoond gebak vir ongeveer 45 min.
Saam met dit het ek ook stukkies “sparerib” gebraai, die ete was heerlik!!
Bron: Gideon Louw




GIDEON SE FRIKKIES OP DIE KOLE

gideon se frikkies op die kolegideon se frikkies op die kole 2tested
GIDEON SE FRIKKIES OP DIE KOLE
Ek wil darem net vir julle wys en se dat die frikkedelletjies wat ek laas naweek gemaak het was baaaaaaaaie lekker ek het twee medium uie middel deur gesny en saam met n bietjie rooiwyn gesmoor en toe n pakkie sampioene bo op gepak en gekook vir so tien minute.   Bo op dit het ek kleinerige frikkedelletjies gepak wat ek self gemaak het met my eie gemaakte mince en toe dit amper gaar is het ek hulle met jimmies  sous geverf met bitter min kole onder my potjie en heelwat kole bo op die deksel en was heeeerlik ! Probeer dit gerus !

FOTO EN RESEP:  Gideon Louw




SKAAPSTERTJIES MET WITWYN

 

skaap stertjies adamtested

SKAAPSTERTJIES MET WITWYN
Hierdie groot bederf is vinger-aflek-lekker.
30 skaapstertjies
3 heel naeltjies
sout, peper en koljander na smaak
250 ml tamatiesous
100 ml chutney
100 ml worcestersous
250 ml witwyn
1 ui in ringetjies
Sny die ui in ringetjies in n oondvastebak. Pak die skaapstertjies daarop en geur met sout, peper en koljander. Gooi jou 3 heel naeltjies in. Meng die res van die bestandele. Gooi oor die vleis.
Braai toe by 180 grade celsius vir 45 min. Maak dan oop en braai vir nog 90 minute oop. Draai die stertjies tyd tot tyd om.
Geplaas deur Franco Dippenaar
Foto:  Adam Cloete




PIZZA SANDWICH OP DIE KOLE

pizza sandwich op die koletested
PIZZA SANDWICH OP DIE KOLE

Enige 2 pizza base’s van jou keuse, stop dit met ektra kaas, vulsel van jou keuse, en braai op medium tot lae kole temperatuur tot vulsel smelt en pizza base verbruin.
Ek het ‘n club pizza base en hawain base gebruik, en hope kaas ( cheddar, feta), hoender, peppadew ingesit. Toegemaak soos toebroodjie en gebraai.

Resep en Foto Lelane van der Walt




BIERBLIK VLEIS BAKKE

bierblik braaiBIERBLIK VLEIS BAKKEtested

BIERBLIK VLEIS BAKKE
800g  maalvleis
koljander blare, gekap
basilie kruid, gekap
pietersielie, gekap
varkpens bacon
uie, gekap
sout en peper
Vulsel:
blokkies groente
olyf olie
chedder kaas

Meng kruie, sout, peper en maalvleis.
Maak vyf groot frikkadelle. Met ‘n bierblik druk gat in die middel en vou rondom blik.
Draai 2 tot 3 stukke bacon om elke maalvleis bakkie. Trek blik uit.
Meng groente uie en olyf olie.
Vul elke maalvleis bak met groente en plaas blok kaas bo-op.
Braai in ketel braai tot jou smaak.
Kan ook groente meng met kaassous en dan braai.
Resep en foto:  Hendrik Markgraaff




GIDEON SE DRY RUB RIB

GIDEON SE DRY RUB RIBtested

GIDEON SE DRY RUB RIB
Een eetlepel van elk van die volgende:
komyn
paprika
knoffel vlokkies
granulated onion
chillie powder
bruinsuiker
kosher salt

1 teelepel cayene peper
1 teelepel swart peper
1 teelepel wit peper
Meng alles saam, vlek die rib en strooi oor en vryf orals goed in laat staan vir +- 3 ure en braai dan oor stadige kole vir +- 45min sjoe dit was lekker !! Saam met dit het ons braai brode gehad en skaap stertjies vir n voordereg ek het natuurlik toe die wave gekry om vir my drie skaap stertjies appart te kerrie deur dit te sprinkel met n bietjie kerrie poeier en borrie gemeng en was dit nou nie lekker nie n kerrie skaapstettjie hmmmmmmmmmm !

Bron Gideon Louw




EDUAN SE GEBRAAIDE SNOEK

 

eduan se braai snoektested

EDUAN SE GEBRAAIDE SNOEK

Sous: smelt botter, ek skat so 1 koppie, gooi so 5 eetlepels fyn appelkoos konfyt by wat saam smelt/verhit, sap van 3 suurlemoene, so 2 teelepels knoffel en n bietjie pietersielie. Smelt of verhit dit alles saam.
Ek gooi bietjie growwe sout en peper op die vleis kant van die gevlekte snoek, sit hom op die kole en begin braai. Van die eerste draai af smeer ek hom gereeld en hou so aan tot hy gaar is.
Sit voor saam n self gebakte ciabatta brood, n lekker ouma jampie en kaas.
Dan eet n mens lekker!

FOTO EN RESEP:  Eduan Joubert




GIDEON SE SNOEKSOSATIES OOR DIE KOLE

 

GIDEON SE SNOEKSOSATIES OOR DIE KOLEtested

GIDEON SE SNOEKSOSATIES OOR DIE KOLE
Ontbeen snoek filette en rol in meel wat met sout en peper gemeng is en daarna in geklitste eier en nog ‘n slag in die meel. Ryg nou op ‘n sosatie stokkie ‘n rooi ui blaar, ‘n porsie snoek, gevolg deur nog ‘n ui blaar. Volg op met ‘n patatwiel wat vooraf tot amper gaar gekook is, gevolg deur ‘n kersie. Herhaal die proses tot die stokkie vol is. Braai oor stadige kole en smeer dit met bietjie appelkooskonfyt wat met suurlemoensap en bietjie botter gemeng is, terwyl dit braai.
Bron en foto: Gideon Louw.




GIDEON SE BRAAI AARTAPPELS-CHIPS OP DIE KOLE

braai aartappels oor die koletestedgideon se braai aartappels
GIDEON SE BRAAI AARTAPPELS-CHIPS OP DIE KOLE

Gistraand het ek n galjoentjie gebraai oppie kole natuurlik ! En saam met dit het ek aartappel tjips oppie kole gebtaai vier medium groot aartappels gekook tot amper gaar in n kastrol laat dan afkoel en sny in wiele plus minus 8– 10 mm dik,  smeer die wiele met olyf olie,  sprinkel n bietjie sout na smaak as ook n bietjie chillie flakes of waarvan julle hou.   braai dan oor skerpkole tot bruinerig en geniet en wassit nie lekker saam met die vissie nie ek gaan dit beslis meer male doen !!

Het dit ook saam met die varkie gedoen…. lekker verby

FOTO EN RESEP:  Gideon Louw




KOOS SE OOND BRAAI PIE

oond braai pie1testedoond braai pie
KOOS SE OOND BRAAI PIE

My vrou het nou die iewers gesien en toe probeer ons dit.
Sommer klaar gemaakte winkel deeg gekoop
1 kg uit gerol en onder in die oond pan gesit.
Toe pak sy uie, Tamatie, Ham en kaas
Weer 1 kg deeg uitgerol en bo-op gepak.
Gerasperde kaas oor gegooi.
Bak in die oond vir 20 minute op 180 grade

BRON EN FOTOS: Koos van der Merwe