

GIDEON SE SNOEKSOSATIES OOR DIE KOLE
Ontbeen snoek filette en rol in meel wat met sout en peper gemeng is en daarna in geklitste eier en nog ‘n slag in die meel. Ryg nou op ‘n sosatie stokkie ‘n rooi ui blaar, ‘n porsie snoek, gevolg deur nog ‘n ui blaar. Volg op met ‘n patatwiel wat vooraf tot amper gaar gekook is, gevolg deur ‘n kersie. Herhaal die proses tot die stokkie vol is. Braai oor stadige kole en smeer dit met bietjie appelkooskonfyt wat met suurlemoensap en bietjie botter gemeng is, terwyl dit braai.
Bron en foto: Gideon Louw.






