

EIER PASTA
9 eiers geskei (gebruik net eiergele, gewig was 177 gram)
177 gram meel (gewig van die meel en die eiergeel moet dieselfde wees)
Maak holte in meel, en voeg eiergeel in die middel by. Roer die meel in die eiergele in.
Knie tot n gladde elastiese deeg op n meelbestrooide blad. Laat rus vir 45 minute in die yskas. Knie weer deur. Sit pasta deur die masjien, begin by die grootste stelling, en eindig met kleinste stelling. Sit deur die snyer.
Kook soos enige ander pasta.
In foto bedien saam met hoenderrepe in ‘n romerige spek, sampioen en kaserige witwynsous.
Foto: Petrè van Jaarsveld










