


MEV VERWOERD SE GUNSTELING POEDING-KONINGINS POEDING
3 koppies warm melk
1 koppie suiker
1 koppie broodkrummels
3 ryp piesangs
knippie sout
4 eiers
geursel
2 eetlepels appelkooskonfyt
Skei die 2 eiers, meng die gele en 2 heel eiers met die warm melk, suiker, krummels, geursel, sout en fyngedrukte piesangs.
Bak in ‘n matige oond totdat dit styf is.
Smeer konfyt oor en daarna styfgeklitste eierwit van 2 eiers waarby ‘n 3/4 koppie suiker gevoeg is.
Bak weer bruin in ‘n matige oond.
Bedien as ‘n nagereg of ‘n tert
Koningin’s Poeding
No 1:- … Neem 1 lb broodkrummels ( 450 gram), meng met die geel van 4 eiers, 3 eetlepels wit suiker, 1/2 koppie melk en 15 druppels lemoen essense goed meng, bak dit in ‘n skottel mooi ligbruin, haal dit uit en sit op die poeding mooi ligte marmalade, klop dan die wit van die 4 eiers tot skuim en sit dit op die marmalade, sit die poeding weer in die oond totdat dit styf is, dit moet nie bruin wees nie, laat die deur van die oond liewers oop staan as jy die poeding weer insit om styf te word …
FOTO: Petré Van Jaarsveld







Petré Van Jaarsveld – Ek het nog van die floppie piesangbrode in die vrieskas gehad …. Het die krummels daarvan gemaak …. Het ook gedroogde lemoenskil in die malertjie baie fyn gemaal en bygevoeg, asook nogsteeds 2 fyn gedrukte piesangs … Ek het die resep 1 1/2 keer aangemaak .. We’ll die krummels vermeerder tot 4 koppies, en karamelgeursel gebruik … Ek gaan vir die volgende week poeding eet .. Nie besef dit gaan so baie wees nie … Vinnig en maklik .. Net die baktyd wat n bietjie lank neem tot dit gestol is .