GESMOORDE HOENDERLEWERS
1 groot ui
1 rooi paprika (soetrissie)
1 groen paprika (soetrissie)
3 tamatie
2 eetlepels suiker
bietjie sout
paar rissievlokkies, na smaak
2 x 500 g hoenders lewertjies
melk
Ek laat lê my lewertjies eers in melk vir ‘n uur dan laat ek hom goed uit lek.
Smoor ui, soetrissies, tamatie, sout, suiker en rissievlokkies tesaam, as alles half gaar is, haal uit die pan en bak die lewertjes.
As die lewertjies halfgaar is voeg die smoormengsel terug, deksel op en braai tot lewertjies net gaar is, nie te gaar, want dan word dit droog.😋
Resep en foto: Nicci Abrahams