

ANDRE SE HOENDERVLERKIES
Omtrent 12 hoendervlerkies
5 ml peri-peri speserye (of na smaak)
15 ml Aromat
10 ml peper
250 ml mosterd sous
1 groot pak kaas en uie skyfies, fyn gekrummel
Meng die Aromat, peper en peri-peri. Besprinkel die vlerkies.
Smeer die vlerkies met ‘n laag mosterd.
Druk die vlerkies een vir een in die gekrummelde skyfies.
Plaas in die lugbraaier. (air fryer)
Braai vir 20 minute aan elke kant teen 175°C.
NOTA:
Ek het ook ‘n paar vlerkies gedoen in broodkrummels, met Ina Paarman se Cajun Spice en Parmesan kaaskrummels. Ook ‘n kombinasie van krummels en chips gedoen.
Nog ‘n bietjie Aromat na die beslag het ek meer van gehou.
Foto: André Steenkamp






