
NOOD AARTAPPEL GEBAK
5 aartapels, in skyfies gesny
700 ml room
knoffel na smaak
1 koppie gerasperde kaas
1 ui, opgesny
1 pakkie sampioene, in skywe gesny
Blansjeer die aartapels skywe tot nog stewig.
Neem ‘n oondbak en pak die aartappels saam met sampioene, uie en kaas in lae.
Meng knoffel, room, sout en pepper na smaak en gooi oor die aartappel lae.
Bak by 180 °C vir so 1 uur of tot aartappels sag is.
Foto: Janie Janse van Rensburg






