VISKOEKIES VAN VIS IN TAMATIESOUS
1 blikkie vis in tamatiesous (ek haal die graatjie in die rug uit, ek gebruik die sous ook)
¼ ui, fyn gekap
soetrissie, fyngekap na smaak
1 eier
klein bietjie fyn neutmuskaat
grofgemaalde swartpeper en sout, na smaak
2 eetlepels soetrissie sous
6 tot 7 snye brood, waarvan krummels gemaak is in die voedselverwerker
olie vir bak
Meng alles saam in bak.
Vorm balle en druk effens plat.
Bak tot mooi bruin aan albei kante.
Resep en foto: Petré van Jaarsveld