

VISKOEKIES VAN VIS IN TAMATIESOUS
Resep en foto: Petré van Jaarsveld
FOOD LOVERS RECIPES
1 blikkie vis in tamatiesous (ek haal die graatjie in die rug uit, ek gebruik die sous ook)
¼ ui, fyn gekap
soetrissie, fyngekap na smaak
1 eier
klein bietjie fyn neutmuskaat
grofgemaalde swartpeper en sout, na smaak
2 eetlepels soetrissie sous
6 tot 7 snye brood, waarvan krummels gemaak is in die voedselverwerker
olie vir bak
Meng alles saam in bak.
Vorm balle en druk effens plat.
Bak tot mooi bruin aan albei kante.






