EIER PASTA


EIER PASTA
9 eiers geskei (gebruik net eiergele, gewig was 177 gram)
177 gram meel (gewig van die meel en die eiergeel moet dieselfde wees)

Maak holte in meel, en voeg eiergeel in die middel by. Roer die meel in die eiergele in.
Knie tot n gladde elastiese deeg op n meelbestrooide blad. Laat rus vir 45 minute in die yskas. Knie weer deur. Sit pasta deur die masjien, begin by die grootste stelling, en eindig met kleinste stelling. Sit deur die snyer.
Kook soos enige ander pasta.

In foto bedien saam met hoenderrepe in ‘n romerige spek, sampioen en kaserige witwynsous.
Foto: Petrè van Jaarsveld




FRIED SALMON FILLETS


FRIED SALMON FILLETS
Place ½ cup plain cakeflour in a bowl.
Season flour with salt, pepper, chicken spice and garlic powder.
Coat fillets well with flour mixture and set aside.
Put 1 tablespoon oil and 1 tablespoon butter in a pan.
Heat gently and place the fillets in it (not on the skin side).
Let it brown gently, until browned. Turn onto skin, put heat up a little and crisp skin.
Photo: Jennifer Weir




JUDY SE GEMMERKOEKIES


JUDY SE GEMMERKOEKIES
Resep geplaas en foto: Judy Bester
FOOD LOVERS RECIPES
6 koppies bruinsuiker
500 g margarien, verroom
4 eiers, geklits
500 g stroop
7 ml koeksoda, opgelos in ½ koppie melk
1.5 kg bruismeel
80 ml fyn gemmer
knippie sout

Meng al die bestanddele goed en laat rus vir 1 uur. Rol okkerneut grote balletjies, pak op ‘n voorbereide bakplaat en bak vir 12-15 minute by 180°C.
Jy hoef nie die deeg plat te druk nie.




BASIC CARAMEL MADEIRA CAKE


BASIC CARAMEL MADEIRA CAKE
250 g butter or margarine softened
500 ml caster sugar
4 extra large eggs
15 ml caramel essence
580 g (4 x 250 ml) flour sifted
20 ml baking powder
2 ml salt
500 ml milk

Cream together butter and caster sugar until pale and fluffy.
Beat in eggs one at a time and beating well after each addition.
Add caramel essence.
Sift together dry ingredients.
Add alternately with milk to give firm and dropping consistency.
Pour into a greased and lined 35 cm by 24 cm roasting pan or baking pan.
Level surface.
Bake at 180°C for 45 minutes or till skewer comes out clean.
Turn into cooling rack and allow to cool completely before icing if you need to ice.
Photo: Geri-B Mak
Recipe posted by Geri-B Mak




NOOD AARTAPPEL GEBAK


NOOD AARTAPPEL GEBAK
5 aartapels, in skyfies gesny
700 ml room
knoffel na smaak
1 koppie gerasperde kaas
1 ui, opgesny
1 pakkie sampioene, in skywe gesny

Blansjeer die aartapels skywe tot nog stewig.
Neem ‘n oondbak en pak die aartappels saam met sampioene, uie en kaas in lae.
Meng knoffel, room, sout en pepper na smaak en gooi oor die aartappel lae.
Bak by 180 °C vir so 1 uur of tot aartappels sag is.
Foto: Janie Janse van Rensburg




SPICE MIX FOR FRUIT

SPICE MIX FOR FRUIT
3 tablespoons sugar
1 tablespoons ground black pepper
1 tablespoon cayenne pepper
1 tablespoon kosher salt

Place all the ingredients in a bowl and mix until well combined. Set aside.
Recipes posted by Miemsie De Klerk
Nota: Indien jy opsoek is na die die spice mix resep wat oor die pynappels gaan, wat in Durban langs die strand te koop is, daardie pynappel op die stokkie met die spice mix gemeng, is die verhouding
2 teelepels chilli poeier op 1 teelepel sout.




ANDRE SE HOENDERVLERKIES


ANDRE SE HOENDERVLERKIES
Omtrent 12 hoendervlerkies
5 ml peri-peri speserye (of na smaak)
15 ml Aromat
10 ml peper
250 ml mosterd sous
1 groot pak kaas en uie skyfies, fyn gekrummel

Meng die Aromat, peper en peri-peri. Besprinkel die vlerkies.
Smeer die vlerkies met ‘n laag mosterd.
Druk die vlerkies een vir een in die gekrummelde skyfies.
Plaas in die lugbraaier. (air fryer)
Braai vir 20 minute aan elke kant teen 175°C.

NOTA:
Ek het ook ‘n paar vlerkies gedoen in broodkrummels, met Ina Paarman se Cajun Spice en Parmesan kaaskrummels. Ook ‘n kombinasie van krummels en chips gedoen.
Nog ‘n bietjie Aromat na die beslag het ek meer van gehou.

Foto: André Steenkamp




MICHELLE SE NACHOS


MICHELLE SE NACHOS
maalvleis, gaargemaak na smaak
Dorito’s skyfies
kaassous, gemaak na smaak
kaas, gerasper
blaarslaai, fyn gesny
tamaties, in blokkies gesny
avokado, fyngedruk met sout en peper
suurroom

Gooi die skyfies in ‘n oondbak.
Strooi die gaar maalvleis bo-oor.
Gooi die kaassous oor.
Sprinkel geraperde kaas bo-oor.
Bak in oond teen 180°C tot kaas bruin raak.
Sny die gebakte skyfies in blokke.
Pak soos volg bo-op mekaar op ‘n bord: nachos, blaarslaai, tamatie, avokado, suurroom en swart peper.
Foto: Michelle Joubert




KONINGIN’S POEDING MET VARIASIE


KONINGIN’S POEDING MET VARIASIE
http://www.foodloversrecipes.com/2015/11/mev-verwoerd-se-gunsteling-poeding-koningings-poeding/ 

Die Koningin’s Poeding se basiese resep gevolg, behalwe dat ek die stukke koek wat ek afsny, rap en vries van krummels gemaak (wortelkoek krummels) in die plek van broodkrummels. Die suiker het ek uitgelaat – daar was nog 1 koppie lemoenstroop oor wat ek bygevoeg het, asook fyn gekapte skil van 1 lemoen.
2 pond (900 g) wortelkoek krummels gemaak in voedselverwerker
8 eiers, geskei
2 koppies melk
1 koppie lemoenstroop
fyn gekapte skil van 1 lemoen

Meng krummels, eiergele, melk, lemoenstroop en fyn gekapte skil. Skep in oondpan en bak teen 180°C vir om en by 25 minute of tot gestol. Smeer appelkooskonfyt oor. Klits eierwitte styf met 1 koppie suiker en 2 teelepels kremetart. Skep meringue bo-op appelkooskonfyt. Bak tot goudbruin.
Foto: Petré van Jaarsveld




KASERIGE “TENDERISED STEAK” EN PASTA


KASERIGE “TENDERISED STEAK” EN PASTA
2 groot stukke tenderised steak, in repies gesny
1 medium ui, fyn gesny
gevriesde soetrissie na smaak
15 ml skeutjie wyn
bietjie suurlemoensap om oor steak te sprinkel
vleissagmaakmiddel om oor steak te strooi
olyfolie om meer te braai
25 ml appelkooskonfyt
1.5 koppies cheddar kaas, gerasper
2 houers marscarponi kaas
1 pakkie Royco Bacon & Cheese pasta sous
15 ml oreganum
15 ml knoffel, fyn gemaak
1 blikkie tamatie en uie smoor
2 x 250g gesnyde sampioene
gaar pasta

Kook pasta gaar volgens aanwysings.
Sny steak in repies, sprinkel met vleissagmaakmiddel, suurlemoensap en gooi die wyn oor, roer goed deur en sit eenkant terwyl jy pasta kook. Verhit jou olyfolie in kastrol, braai ui, knoffel en soetrissie tot gaar.
Voeg steak by en braai so bietjie. Gooi blikkie tamatiesmoor by.
Gooi marscarponi en oreganum by en laat so bietjie prut terwyl jy roer todat marscarponi gesmelt het en ‘n lekker romerige sous maak.
Gooi nou sommer die Royco Souspoeier net so in die pot. Voeg appelkooskonfyt by en roer tot opgelos. Laastens voeg sampioene by kook vir so 3 minute.
Spuit oondvaste skottel. Gooi gaar pasta in.
Gooi vleissous oor en meng goed deur.
Looi hom met die gerasperde kaas vir die baas en bak teen 200°C vir 30 minute.
Geniet!
Foto: Esmarie Friedrichs