

JOGURTKOEK
Alles word afgemeet met die leë jogurt bakkie.
1 klein bakkie plain jogurt (± 100 g)
2 houertjies suiker
3 houertjies bruismeel
1 houertjie olie
2 na 3 eiers afhangend van grote
Plaas die jogurt in ‘n bak, meet die res van bestanddele af met die houertjie.
Meng alles saam.
Skep in voorbereide kolwyntjie panne,
Bak vir 25 minute op 180°C.
Resep en foto: Bianca Bosman Barnardo
Note: Ek gebruik resep gewoontlik net vir cupcakes, op die stadium het ek net die foto.











