

LOUISE SE PATAT – PAN
Ek het gister hierdie patat-pan aanmekaar geslaan vir saam met ons snoekbraai. As jy ‘n soet patatgereg wil maak, strooi net bruinsuiker oor. Ek wou dit nie so soet gehad het vir saam met die snoek nie.
Die patats was so groot (6 het 4.5kg geweeg!) dat ek dit maar in die drukkoker gesit het om gaar te maak.
Ek kon 5 inkry.
Dit was net genoeg om die oondpan vol te maak.
Ek het dit die vorige aand gaargemaak en velletjies die oggend afgetrek.
Skywe gesny en in pan gepak.
Toe sprinkel ek bietjie Ina Paarman Potato spice oor en stip met blokkies botter (regte botter). Toe gooi ek een houertjie room oor en bak dit in ‘n lekker warm 200° grade C oond. Vir so 30 min. en toe sit ek die grill vir so 5 min. aan.
Dit het heerlik gesmaak.
Resep en foto: Louise Groenewald






