


TYRON SE PASTA MELKKOS
Vandag met die koue weer in Pretoria was die perfekte verskoning vir lekker melkkos. Ek het op die FLR blog gaan loer vir ‘n paar resepte. Daar is heelwat om van te kies, maar opgeeindig met my eie konkoksie.
Gooi 1.5 liter melk in ‘n pot en voeg ‘n blikkie kondensmelk by.
Voeg by:
5 kardemon pitte en ‘n stuk kaneel
1 teelepel vanilla geursel
2 geklitste eiers
1 eetlepel margarien
Bring dan tot kookpunt.
Ek voeg geen suiker by nie, maar julle kan byvoeg volgens smaak.
Volgens die FLR blog kan jy kortpad vat en macaroni byvoeg, maar ek het sommer ‘n pak Tagliatelle pasta bygevoeg.(die een wat gemaak is in die vorm van ‘n nessie)
Bring die hitte af en kook tot die pasta lekker sag is.
Roer gereeld om te verhoed dat dit vas brand.
As jy dit wil dunner hê, voeg bietjie melk by.
Hierdie dis is genoeg vir 8 mense, met gewone eetlus.
Geniet dit!
Foto en resep: Tyron Smith






