

MARANDA SE “OGGEND BEDERF” BESKUIT
Vir donkie jare lank al bak ek my Ouma se beskuit en toe kom my Ma eendag met die lekker resep by my aan. Ek bak die resep nou al uit my kop uit en het nog nooit ooit weer sulke lekker beskuit geëet nie.
3 eiers
625 ml suiker (2.5 koppies)
625 g (1.5 koppies) gesmelte botter
750 ml karringmelk (3 koppies)
1.25 liter bruismeel (5 kp) 748 g
500 ml (2 koppies) Nutty wheat highbran wheat flour (248 g)
15 ml bakpoeier (1 eetlepel)
5 ml sout(1 teelepel)
15 stafies Wheetbix, opgebreek
2 koppies Vanilla Muesli Woolies
125 ml sesame saad of sonneblomsaad
Verhit jou oond tot 180 grade C.
Klits eiers en suiker tot wit en lig.
Voeg afgekoelde botter en suiker by en hou eenkant.
Meng bruismeel, nutty wheat meel, bakpoeier en sout in bak.
Voeg by wheetbix, muesli en sonneblomsaad of sesame saad.
Voeg nou karringmelk mengsel by droë mengsel.
Skep in beskuitpan en bak vir 50 minute.
Breek in stukke en droog uit oornag teen 70°C.
Notas:
Die geheim is die muesli, moet dit nie vervang nie.
Jy kan 6 koppies All Bran gebruik in plek van Wheetbix.
Ek gebruik Cordon Blue botter.
Dit pas baie lekker in my beskuitpan.
Resep: Maranda Van Dam







geskuif