

SOUTKOEKIES
2 koppies koekmeel
1 teelepel sout
2/3 koppie warm water
1 teelepel bakpoeier
1/3 koppie olyfolie
½ teelepel rissievlokkies
In ‘n mengbak meng die meel, water, sout, bakpoeier en olyfolie tot ‘n elastiese deeg
Rol dit uit met ‘n roller tot omtrent 3 mm dik en sny in 50 x 50 mm blokkies ( ek’t sommer my pizza sny roller gebruik )
Smeer die bokante liggies met ‘n bietjie olyfolie en sprinkel die rissievlokkies of jou voorkeur speserye of kruie op.
Plaas op ‘n gespuite bakplaat en bak in ‘n voorverhitte oond 220 ºC vir 12 min of tot effens bruin
Resep en foto:Gideon Louw










