

MARANETTA SE PIESANG BROOD
ongeveer 4 ryp piesangs, fyngedruk
½ koppie margarien
½ teelepel koeksoda
½ koppie melk
1 teelepel vanilla
2 koppie meel
2 eiers geklits
1 koppie suiker
1 ¼ teelepel bakpoeier
Meng al die bestanddele, behalwe die koeksoda, piesangs en melk bymekaar.
Maak die koeksoda aan met die melk en voeg by die ander reeds gemengde bestanddele.
Voeg die piesangs by, meng goed deur, plaas in broodpan en bak vir 1 uur op 180 °C (350 °F)
Resep: Maranetta Barnard
Foto: Alet Cruywagen






