

GEBAKTE VRUGTETERT MET ROMERIGE KARAMEL SOUS
(tertappels hier gebruik)
140 g / 175 ml suiker
50 g / 50 ml botter of margarien
3 eiers
140 g / 250 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
knippie sout
125 ml melk
2,5 ml vanielje geursel
+- 400 g gedreineerde geblikte vrugte soos tertappels, pynappelstukke, pere of perskes
Karamel sous:
250 ml room of geblikte melk soos ideal melk (ek het klappermelk gebruik vanaand)
100 g / 125 ml suiker
2,5 ml vanielje of karamel geursel
Room die botter en suiker saam en voeg die eiers een vir een by terwyl goed ingeklits word na elke eier. Voeg die droë bestanddele by en meng terwyl die melk en vanielje bygevoeg word en goed gemeng word.
Smeer of spuit ‘n oondvaste bak met 2 liter inhoudsmaat. Skep die beslag in die bak en versprei eweredig. Rangskik die vrugte bo-op en bak op 180°C vir ongeveer 25 min of tot goudbruin en gaar.
Maak intussen die karamelsous deur die bestandele in kastrolletjie tot kookpunt te bring en dan vir 10 minute oor matige hitte te laat prut. Wanneer die tert klaar gebak het gooi die sous oor en bak vir nog 10 minute.
Bedien met vla, roomys of geklopte room.
Foto: Elsabie Templeton







geskuif