

HOENDER BORSIE BLINDEVINKE
4 hoenderborsies
4 stukkies rugspek
Sampioenvulsel
1 koppie gekapte sampioene
1 fyngekapte knoffelhuisie
1 koppie fyn gerasperde cheddar kaas
2 eetlepel botter
Eier doopsous:
1 eier
geelsout
witpeper
cajun speserye
braaispesesrye
Klits met vurk.
(gaan volgens smaak)
Slaan hoenderborsies tot lekker plat. Rol reep rugspek ook dunner en plaas op hoender. Kap sampioene baie fyn. Meng fyn gekapte vars knoffel, botter en gerasperde cheddar kaas by. Vorm worsies van die mengsel en rol op in spek en dan in hoender. Steek hoender vas met tandestokkies.
Klits een eier met geelsout, witpeper, braai speserye en cajun spesery. Doop hoender rolle goed hierin en dan broodkrummel. Laat staan ten minste ‘n uur in yskas voor dit gebak word in vlak olyfolie.
Medium temperatuur en draai kort kort na ander sy tot goudbruin.
Foto: Delene Breytenbach






