GLÜHWEIN CECILIA
(ek gebruik net 750 ml rooiwyn en 750 ml OBS en so aan)
3 liter rooiwyn
3 liter Old Brown Sherry
3 lemoene, gehalveer
10 naeltjies
3 kaneelstokke
2 teelepels neutmuskaat
1 teelepel gemmer
1 liter water
2 koppies bruinsuiker
Steek die naeltjies in die lemoene.
Gooi alles in ‘n groot kastrol.
Kook saam vir 5 minute en hou warm.
BRON: Cecilia Smit















