HOLLANDSE ZUURKOOL STAMPOT
BESTANDELE
8 aardappels geskil en deur die helfte gesny
1 pot 700gram sauerkraut (zuurkool)
1 rookworst
250 gram spek blokkies
botter
bietjie melk
sout en peper
METODE
Sit in ‘n vergiet die zuurkool en spoel af met koue water. Laat uitdrup.
Skil jou aardappels en sny deur die helft en kook vir 10 minute met sout in water. Sit dan bo op jou zuurkool en laat vir 20 minite kook tot die aardappels gaar is.
In die tussen tyd sit jy 2 eetlepels botter in ‘n pan en braai die spekkies. Haal uit die spekkies maar hou die juice in die pan en sit bietjie water by en laat staan.
Giet die water van die aardappels en zuurkool af en mash dit alles saam met 3 eetlepels botter, klein bietjie melk en sout en peper na smaak.
Sit op lae hitte en laat net so vir 10 minute deur warm.
Sit die rookwors in kookwater op ‘n medium hitte vir so 10 minute maar moenie dat hy kook nie want dan bars hy uit sy vel haha!
Roer die spekkies deur die zuurkool stampot en bedien saam met die wors in plakkies gesny en die juice. Eet smakelijk!
Hollandse zuurkool stampot
SOURCE/PHOTO: Claudia Bellink








