SPAGHETTI BOLOGNAISE ALA LELANE
Bolognaise sous
500 g pakkie maalvleis
1 pakkie spek, opgesny
2-3 gekapte tamaties
Ina Paarman’s sundried tamatie sous
sout en peper
rooiwyn
1 eetlepel elk van die volgende:
gekapte knoffel
blatjang
tamatiesous
Worcestersous
suurlemoensap
bruinsuiker
1 teelepel elk: gerasperde suurlemoenskil, origanuim, basil
Braai ui tot sag, voeg spek by en braai tot krispy, voeg maalvleis by en maak fyn met lepel terwyl jy dit verbruin. Voeg sout/ peper, blatjang, garlic, tamatiesous, Worcestersous, bruinsuiker & en suurlemoen zest en sap by. Braai goed deur.
Voeg tamatie by saam met basil, origanuim, rooi wyn na smaak, en sundried tamatie sous.
Prut stadig tot tamatie gaar en sag is.
Kook spaghetti soos op die verpakking.
Knoffel witwyn sous;
Basiese witsous maar vervang 1/3de van die melk met wit wyn.
Voeg knoffel, aromat en kruie by.
Meng met gaar pasta.
Top met bollgnaise sous, parmesan en gerasperde kaas.
Bedien saam met ‘n Franse boordjie en groen slaai.
BRON/FOTO: Lelane Van Der Walt








