SJOKOLADE FUDGE VIERKANTE
250 g botter of margarien
500 g versiersuiker
100 ml kakao
2 eiers
2 pakkies Mariebeskuitjies
Mikrogolf botter vir 90 sekondes tot gesmelt. Sif versiersuiker en kakao by gesmelte botter. Klits eiers en voeg by mengsel. Mikrogolf vir 2 minute. Breek Mariebeskuitjies in kleiner stukkies en meng met kakaomengsel. Skep dit in ‘n vierkantige koekpan, laat afkoel en sny in vierkante.
Resep en foto: Geraldine Chantel Combrink









Estelle Page: More mense. Ek het verlede week n resep vir yskas brownies gevra en toe n baie lekker resep gekery. Ek wil net se, die leerlinge by die Saterdagskool het dit vreeslik geniet om te maak en het heerlik gesmul aan hulle. Die onnies het ook gebedel en toe ook koekies gekry. Hulle het dit gladnie geken nie en is mal daaroor. Die mense in Thailand hou vreeslik van soetgoed!