
SOUTVLEIS VETKOEKIES
FOOD LOVERS RECIPES
1 koppie bruismeel
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel sout
bietjie suiker
Meng alles met bietjie water tot slap degie. Bak in olie, sny oop en smeer met volgende vulsel:
Meng die volgende en hou eenkant:
1 blikkie soutvleis
1 eetlepel blatjang
1 teelepel kerriepoeier
Ekstra:
1 ui fyn gekerf
Braai ui tot gaar, voeg die soutvleismengsel by en stowe tot warm. Smeer op vetkoekies en bedien warm as soutigheid.











