
BASIESE VET VERLOOR DIEËT – GROENTESOP
2 groot blikke opgekapte tamaties
6 medium grootte ui
2 blikke plein bief sop of biefgegeur
1 pakkie groetesop mengsel (droog)
1 groot bos selery
2 blikke groenbone of vars groenbone
2 groen peppers
1 kg wortels
2 bief blokkies
Voeg die volgende by vir smaak: sout, knoffel, peper, pietersielie en kerrie. Sny die groente in klein stukkies en bedek met water. Kook vinnig vir 10 minute. Stel hitte af en kook tot groente sag is.
Die sop kan elke keer geeët word wanneer jy honger is. Eet soveel as wat jy wil. Die sop sal geen kalorië byvoeg. Hoe meer jy eet hoe meer gewig sal jy verloor.
Dag 1 (Vrugte en sop)
Enige vrugte (piesangs uitgesluit) spansek en waatlemoen bevat minste kalorië teen ander vrugte. Eet net sop en vrugte.
Dag 2 (Groente, sop en gebakte aartappels)
Enige groente maar geen vrugte vandag. Eet van alle rou of gekookte groente tot versadig. Eet groen blaargoente soveel as moontlik. Bly weg van droë bone, ertjies en mielies. Eet groente saam met die sop. Bederf jouself met ‘n gebakte aartappel met botter. Onthou geen vrugte vandag.
Dag 3 (Vrugte, groente en sop)
Jy mag enige vrugte en groente eet net soos jy wil. Geen gebakte aartappel. As jy by die dieët gebly het sal jy min of meer 2 –3 kg verloor het.
Dag 4 (Piesangs, afgeroomde melk en sop)
Piesangs en afgeroomde melk. Eet ten minste 3 piesangs en drink soveel as moontlik afgeroomde melk soos jy kan tesame met die sop. Piesangs en melk bevat baie koolhidrate en potassium, beide nodig vir vandag.
Dag 5 (Hoender/bief, tamatie en sop)
Eet 250/350g hoender/bief en 6 vars tamaties en sop vandag. Ten minste 1 maal moet jy sop hê vandag.
Dag 6 (Hoender, groente en sop)
Eet 250 – 500g hoender tesame met groen blaargroente (geen gebakte aartappel). Verseker dat jy teen minste 1 maal sop het vandag.
Dag 7 (Bruin rys, groente en sop)
Bruin rys, onversoete vrugtesappe en groente. Onthou om genoeg te eet en moenie die sop vergeet nie.
BRON-Tinkie Nel Nortmann