WENK HOE OM VARS GROENTE TE VERWERK OM TE VRIES
Ons verwerk die groente en kook water op die stoof. Gooi net die groente daarin vir so 10 minute (die water moenie meer kook nie). Haal uit die water uit, laat bietjie afkoel en verpak. Die groente behou hul kleur ook as dit eers bietjie in kookwater gesit word.
Amanda Verster Vd Merwe
Jy kan ook vars groente blansjeer. Spoel die groente goed af. Kook in ‘n kastrol water. Skakel die plaat af. Doop die groente daarin vir so 2 minute, skep uit laat water afloop en plaas in ‘n ander houer wat vol water en ysblokkies is, laat staan vir 1 minuut, en skep uit, dreineer en skep in vriessakkies, verseël en vries.
Louisa Hollenbach