Marisca Vosloo
Ek soek ‘n maklike vinnige sappige resep vir ‘n skaapboud in die oond asb? Boudvleis is geneig om droog uit te kom.
Fanie Smit
1 boud – plaas in swaarboompot. Gooi jou speserye na smaak.
Gooi half liter Griekse ”low oil salad dressing” oor met 125ml merlo rooiwyn.
Bedek met tinfoelie. Sit deksel op.
In oond vir 2.5 ure op 180°C. Toets of gaar na smaak.
In oond vir verdere 3/4 uur tot gaar.
Lynette Jacobs Wasserman
Ek stem saam met Rina…..lank en staaaadig! As skaap of lam te vining gaar word krimp dit te veel. Ek maak myne dig toe met foelie en oond op minder as 100 grade oornag. Ek moet se die rooiwyn een klink baie lekker! Continue reading












