

LEKKER SKAAPNEK BREDIE
Saag die nek in skywe.
Bruin die vleis in ‘n swaar pan in bietjie olie
Haal vleis uit en sweet ‘n meduim ui en 15 ml kerriepoeier vir 3 min.
Voeg die volgende by:
15 ml koekmeel
5 ml sout
2 naeltjies
125 ml blatjang
Maak 50 ml suurlemoensap en 250 ml vleisaftreksel warm en sit saam met die nek terug in die pot.
Sit deksel op en prut vir een en ‘n half uur tot vleis sag is.
20 Minute voor dit bedien word, sit jy 1 groenappel wat in wiggies gesny is by en een Pynappel wat in blokkies gesny is, asook ‘n opgesnyde Piesang.
Resep en foto: Beatrice Trisha Diepold






