Verhit die helfte van die olie en braai die uie, knoffel, soetrissie, brandrissies, wortels en raap sowat 5 minute oor hoë hitte.
Skep die groente uit en verhit die res van die olie.
Braai die skaapribbetjies tot goudbruin, geur met koljander, sout en peper en voeg die lemoensap en -skil by.
Bedek, verlaag die hitte en laat stowe sowat 40-60 minute of tot die vleis sag is.
Roer die tamaties en gaar bone by die vleis, meng goed en verhit tot alles deurwarm is.
Verhit die botter in ’n pan en braai die piesangskywe daarin tot goudbruin.
Skep net voor opdiening bo-op die vleis.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto: Pieta van der Walt








