Marisca Vosloo
Ek soek ‘n maklike vinnige sappige resep vir ‘n skaapboud in die oond asb? Boudvleis is geneig om droog uit te kom.
Fanie Smit
1 boud – plaas in swaarboompot. Gooi jou speserye na smaak.
Gooi half liter Griekse ”low oil salad dressing” oor met 125ml merlo rooiwyn.
Bedek met tinfoelie. Sit deksel op.
In oond vir 2.5 ure op 180°C. Toets of gaar na smaak.
In oond vir verdere 3/4 uur tot gaar.
Lynette Jacobs Wasserman
Ek stem saam met Rina…..lank en staaaadig! As skaap of lam te vining gaar word krimp dit te veel. Ek maak myne dig toe met foelie en oond op minder as 100 grade oornag. Ek moet se die rooiwyn een klink baie lekker!
Ronnie Pieters
Maak ‘n gat in die dikste deel, en sit n wortel in. Die wortel keer dat die vleis nie te droog is nie, gee vogtiheid in die binne kant. Mens leer mos maar by vriende. Die vleis hier by ons het nie baie vet nie, en die wortel werk.
Isak van der Vyver
Sit skaap boud in caserol bak neem 2 pks bruin uie soppoeier meng met low warm water strooi 2t sout en kruie na gelang van die grote van skaap boud. Gooi sop poeier oor, maak toe en plaas in oond. Jy kan dit oornag doen. Sit jou oond so op 100 grade of jy kan dit op die dag insit, ek waarborg jou dis sappig en heerlik sag moet net nie baie sout byvoeg nie want die sop het sout. Geniet dit
Cecil Otto
Hierdie een is soos murg. Ontbeen die boud. plaas hom in n checkers plastiek sak saam met n houer karringmelk en n bietjie appelkooskonfyt vir die nag in die yskas. More sit jy hom vir twee ure op 180 in die oond of tot gaar. Beveel aan