

WENKE VIR DIE GAARMAAK VAN SKAAPBOUD
Jaco Redelinghuys
Ek moet 6 skaapboude gaarmaak vir n verjaardag ete.. Is opsoek na iets waarmee n mens die boude kan inspuit, amper soos wanneer jy n skaap sal spit. As iemand dalk kan help met n resep of raad, sal dit gaaf wees!! Weskusgroete
Jaco Redelinghuys – ons sukkel altyd, as ons boud gaarmaak, om n lekker smaak BINNE-IN die boud ook te kry. alle spices sit aan die buitekant vas, en die vleis aan die binnekant het geen behoorlike smaak nie. ons doen die naeltjies-ding van paar gate insteek, en vol prop.. maar ek wil n slag iets lekkers/anders doen. die gedagte was om die vleis in die oond gaar te maak
Elsie Henning – Ek dit dit in n bak sakkie en gooi my sous by en bak dit so. Dit kom lekker uit
Andrè Smit – inspuit werk omdat dit soveel geur in die vleis self byvoeg sagmaak en keer dat dit uitdroog ,as jy wyn gebruik is dit natuurlik baie goed sommer goedkoop soos Liebertas ens voeg speserye by maar onthou groot stukke gaan jou spuitnaald blok so soak al die speserye en dreineer deur n koffiefilter sakkie of selfs n skoon vadoek
Sonja Young – Jaco weet jy wat werk lekker? Slaaisous! Omdat dit als bevat wat jy nodig het.
Ek het gister my “shanks” in Griekse slaaisous gaargemaak – devine!!! Ek is seker dit kan werk as jy dit inspuit ook. Italiaanse slaaisous is net so lekker maar jy kan natuurlik enige iets gebruik – selfs daai bloukaas en jogurt een sal lekker wees. Vir my persoonlik werk die Griekse of Italiaanse een omdat daar in beide baie dieselfde tipe goed in is
Sonja van der Merwe – Slaaisous Griekse of Italiaans.is regtig heerlik op skaapboud veral as jy dit bedek en bak of in potjies sit so heelboud is darem hemels.
– In swartpot op vuur of in jou slowcooker…skaapboud met net n bottel gewone knorr french slaaisous….Baaaaie lekker!!
– Gebruik die “Light” slaaisous, anders is dit bietjie olierig, maar werk soos n bom in ‘n swartpot!
Jaco Redelinghuys – ek koop altyd by die slaghuis so n mengsel van speserye. sout, koljander en nog n ander lot goed. het verlede week als fyn gemaal, en extra fyn koljander en gemaalde swart peper bygevoeg. n heel lekker mengsel nou. so gaan dit buite op vleis gebruik. iemand anders my aanbeveel om vleis net met sojasous in te spuit en dan gaar te maak. die gedagte is nie om die vleis op te neuk nie, beslis nie. daarvoor is dit heeltemal te duur. wil net n slag iets anders probeer, ten einde n lekker smaak te kry…
Jozua de la Harpe – Ek stel voor jul plaas wortels, uie, tamaties, heel knoffels in die middel deurgesny asook seldery onder in die houer waarin die vleis gaan kom. Verder stel ek voor jy gebruik die blad en nie die boud nie. Vryf die blaaie in en maseer met olyfolie. Vryf in met sout, wit peper, gemmer, koriander, fyn naeltjies en komyn. Sit ‘n paat lourierblare of vars suurlemoen blare ook in. Gebruik vars tiemie en roosmaryn. Sommer heel takkies. Gooi nou die slaaisous ook oor. Voorverhit jou oond tot op die hoogste verstelling. Hou teen die verstelling vir die eerste 40 minute, draai nou af na 140 grade celsius en laat dit oornag (ten minste 5 ure) of totdat die bure se hond voor jou deur kom sit en tjank. As jy nuuskierig is, bedruip die vleis elke keer as jy loer met die sous. Ek loer glad nie. Voor jy opdien neem jy van die pansappe, gooi ‘n eetlepel of twee bisto by, asook bietjie matige kerriepoeier, apelkosskonfyt en en bietjie OBS. gooi dit oor die braaistuk, haal deksel vir ‘n rukkie af om mooi bruin te bak. Jy hoef nie te sny nie. Vleis kom los in repies.
Ansa C Reyneke – My Ma het die boude altyd met spek en knoffel gestop. Heerlik!
Carpediem Berading En Bediening – Jy kan die boud inspuit met mengsel van jou kruie en speserye saam mengsel van karringmelk en gesemelte botter dit gee die vleis aan die binne kant ‘n romerige smaak en marineer (maak vleis) murg sag binne.
Ingrid Vermaak – Ek steek ‘n paar gatte in die vleis en vul op met stukkies bacon. Vleis is dan ook nie so droog nie
Rina Kleinhans – Ek sal net die boude lekker stop en stadig gaarmaak, dan is hulle heerlik verby
Janelle Stokker – Ek sny gate in die boud en stop hulle met knoffel en botter…dan my kruie en sout bo-oor…en kook in oond oor laer hitte vir langer…tot dit amper van die been afval..nog nooit klagtes gehad nie!
Evelyn White – French salad dressing !!!! En stop knoffel hier en daar in kan ook paar stukke spek instop yummy
Jaco Redelinghuys – dankie vir al die bydraes, waardeer dit!!
– Kook dit in stoney koeldrank met jou knoffel en speserye !!! Dan gebruik jy enige sous en verdik die aftreksel en bedien dit met jou vleis.
– Ek maak altyd skaapboud met so twee koppies swart koffie en net sout en peper. Bedruip boud dikwels met sous/koffie. Bak teen 180grade. Onthou die aartappeltjies langsaan.
– Ons hou van 1 koppie wit wyn, half koppie suurlemoensap, teelepel fyn knoffel als saam gemeng. Handjie vol vars rosemary blare. Boud onder in die slow cooker, wyn mengsel bo-oor, blare laaste oorgegooi. Kook in die slow cooker 6, 7, 8 uur afhanged van die groote van die boud. Maak sous dik om oor vleis te bedien. Vars suurlemoen is ook goed, maar gebottel is makliker en het nie pitte nie. Sout word by die tafel opgegooi, elkeen self na smaak.
– Ek het al gesmul van ‘n ontbeende skaapboud gevul met gewone chutney en gedroogde appelkose. Bietjie sout, peper en knoffel na smaak. Draai toe in foelie vir op die Weber of sit foelie oor die bak in die oond. As dit in die oond of slow cooker is, kan jy ‘n koppie vrugtesap toevoeg.