

CECIL SE LEKKER PIZZA IDEE
winkel deeg
tamatie puré
geknapte knoffel
spek
Cheddar kaas
Feta kaas
Rol die deeg effens uit en plaas die bestanddele op die deeg.
Bak in voorverhitte oond vir 35 min teen 190°C.
Resep en foto: Cecil Dunhin


CECIL SE LEKKER PIZZA IDEE
winkel deeg
tamatie puré
geknapte knoffel
spek
Cheddar kaas
Feta kaas
Rol die deeg effens uit en plaas die bestanddele op die deeg.
Bak in voorverhitte oond vir 35 min teen 190°C.
Resep en foto: Cecil Dunhin



AMANDA SE PIZZA EN BROOD DEEG
Na aanleiding van tuisgemaakte pizzas wil ek die volgende deel. By ons is dit tradisie om op n Saterdagaand pizza te maak. Ek knie self en maak my basis dun. Ek “pre bake” dit vir 5 min. Laat dit heeltemal afkoel. Gebruik tamatie as basis, dan die kaas
Daarna wat ons ookal voor lus is. Bak vir 8 min en geniet. Aangesien ons nou die meeste van die tyd net 2 is knie ek vier koppies meel en bak sommer ‘n broodjie ook vir Sondag oggend ontbyt.


ANDRE SE TUISGEMAAKTE PIZZA
Hi almal, ek wil my home made pizza idee met julle deel.
Die pizza plekke se pizzas lyk altyd so mooi en lekker op hulle advertensies, maar die eind produk is alles behalwe dit wat jy sien en voor betaal.
Hier en daar n bietjie topping, is n pizza nie juis veronderstel om baie topping te he nie?
Ek het my eie pizza gemaak en is by verre beter.
Ek het puff pastry gebruik, baie makliker, lekkerder en die kors is dun en bros, lekkerder as pizza base. Die base sous is pizza sous gemeng met n bietjie van my home made chilli sous.
My topping is gebraaide bacon, mossels gebraai met knoffel, kruie en n bietie suurlemoensap.
Olywe en peppadew en laaste pynappel, ek hou van die sout/soet smaak en natuurlik genoeg kaas.
Dit is mos hoe n pizza moet lyk.
Resep en foto: Andre Muller


KLAAS SE TUISGEMAAKTE PIZZA
PIZZADEEG:
500 gr witbrooddeeg/koekmeel
1 pakkie gis
1tl sout
Italian spices en herbs
2 tl olyfolie
300/350ml lou water
Meng al die droe bestandele en voeg water by -Meng tot sagte deeg
Rol deeg in balvorm . Smeer die olie om die deeg, Sit in bak en maak toe met gladwrap om te rys. (dit moet omtrent dubbel die grootte rys)
Rol dun uit en gebruik Continue reading→


ALICIA SE PIZZA VULSEL
Vir die deeg het ek sommer winkeldeeg gevat.
Vulsel:
400g mince gebraai met n blikkie tamatie en uie en pakkie tamatie paste.
Ek het toe my deeg gerol en in my pizza pan gesit en gesmeer met sweet chillie sous en steakhouse sousie, toe bietjie kaas gestrooi, uie, mince en green pepper en toe weer bietjie kaas. Continue reading→


DOUGH FOR NAAN BREAD AND PIZZA’S
Frans Odendaal het onlangs vir my die resep van die broodjies gestuur. Heerlik en ek het dit sommer vir pizza korse gebruik en my mense was gaande daar oor, sal verseker nie weer n ander kors vir my pizzas gebruik nie. Dis so vinnig en maklik! Kors word net 3 min elke kant ge “grill” in oond
1 (7g) package active dry yeast
1 cup warm water
¼ cup white suGar
3 tablespoons milk
1 egg, beaten
2 teaspoons salt
4½ cups bread flour
2 teaspoons minced garlic (optional)
¼ cup butter, melted Continue reading→



GIDEON SE PIZZA DEEG
2 koppies koekmeel
200 ml louwarm water
1 eetlepel suiker
1 eetlepel sonneblom olie
5 g gis
½ teelepel sout
Sif die droë bestanddele en meng die olie en die water, voeg alles in ‘n mengbak en meng tot ‘n elastiese deeg. Knie goed en laat rys tot dubbel die volume.
Deel die deeg in drie ewe groot dele en rol uit. Sny ‘n sirkel so groot soos ‘n bord en plaas een in ‘n plat oondpan wat gespuit is. Smeer die basis met knoffel (crushed garlic), strooi dan die hele basis met gerasperde Chedder kaas, plaas in ‘n voorverhitte oond op 180°C en bak vir ±10 min. Voeg dan oor die hele basis gerasperde parmasaan kaas en grill net vir 2 min. Garneer met grasuie en maal ook ‘n bietjie swart peper oor.
Vroulief het toe ‘n lekker bord kookkos gemaak bestaande uit uie, pampoen en lamsvleis. Ek skep toe my kookkos bo op my pizza met ‘n bietjie van die kookkos se sous daaroor en siedaar heerlik was dit!
Bron: Gideon Louw
Foto’s: Gideon Louw


ROGER’S CAULIFLOWER PIZZA
Ingredients
1 cup Grated cauliflower
Half a cup Mozzarella cheese
Half a cup of cheddar cheese
One egg Continue reading→


PIZZA SANDWICH OP DIE KOLE
Enige 2 pizza base’s van jou keuse, stop dit met ektra kaas, vulsel van jou keuse, en braai op medium tot lae kole temperatuur tot vulsel smelt en pizza base verbruin.
Ek het ‘n club pizza base en hawain base gebruik, en hope kaas ( cheddar, feta), hoender, peppadew ingesit. Toegemaak soos toebroodjie en gebraai.
Resep en Foto Lelane van der Walt


MATHILDA SE PAN PIZZA
800 ml koekmeelblom
1 teelp sout.
50ml olie.
15 ml bakpoeier.
300 ml om helfde water en melk. Continue reading→
You cannot copy content of this page
