

ANDRE SE TUISGEMAAKTE PIZZA
Hi almal, ek wil my home made pizza idee met julle deel.
Die pizza plekke se pizzas lyk altyd so mooi en lekker op hulle advertensies, maar die eind produk is alles behalwe dit wat jy sien en voor betaal.
Hier en daar n bietjie topping, is n pizza nie juis veronderstel om baie topping te he nie?
Ek het my eie pizza gemaak en is by verre beter.
Ek het puff pastry gebruik, baie makliker, lekkerder en die kors is dun en bros, lekkerder as pizza base. Die base sous is pizza sous gemeng met n bietjie van my home made chilli sous.
My topping is gebraaide bacon, mossels gebraai met knoffel, kruie en n bietie suurlemoensap.
Olywe en peppadew en laaste pynappel, ek hou van die sout/soet smaak en natuurlik genoeg kaas.
Dit is mos hoe n pizza moet lyk.
Resep en foto: Andre Muller






